Local News
Inwoners van Ottosdal en Letsopa reeds vier dae sonder water─── CHRISTAL-LIZE MULLER 15:20 Mon, 18 May 2015
![Inwoners van Ottosdal en Letsopa reeds vier dae sonder water Inwoners van Ottosdal en Letsopa reeds vier dae sonder water | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/a1__2015518152023525u75.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Ottosdal - Die DA in Noordwes eis dat die Tswaing-munisipaliteit noodmaatreëls in plek moet stel nadat inwoners van Ottosdal en Letsopa die afgelope vier dae sonder water moes klaarkom.
Die DA se Carien Visser sê dit is onaanvaarbaar dat die munisipaliteit nie watertenks aan inwoners beskikbaar stel nie.
Volgens haar het Eskom kragtoevoer aan waterpompe by boorgate, wat die gebied van water voorsien, afgesny glo weens agterstallinge rekeninge wat nie deur die Ngaka Modiri Molema-distrikmunisipaliteit namens Tswaing betaal is nie.
Sy sê inwoners wat dit kan bekostig koop water terwyl plaaslike boere water aanry vir inwoners wat dit nie kan koop nie.
Die munisipaliteite het nog nie kommentaar gelewer nie.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus