Local News
Brand verwoes veevoerpakhuis by Vrystaatse skool─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:54 Thu, 22 Jan 2015
Jacobsdal - Die Hoër Landbouskool Jacobsdal in die Vrystaat sluit nie die moontlikheid van brandstigting uit nie. Dit kom nadat die skool se groot veevoerpakhuis in ‘n brand verwoes is.
Skoolhoof, Henco Gericke, sê hy is gisteraand na 19:00 deur ‘n personeellid ingelig dat die pakhuis brand. Die personeellid het op die terrein gery toe sy gloede by die pakhuis sien. Met haar aankoms het die een kant van die pakhuis reeds gebrand.
Volgens Gericke het die vlamme vinnig versprei en boere van die gebied, wat met hul sleepwaens met water en brandbestrydingstoerusting kom help het, kon nie die vlamme blus nie.
Gericke sê sowat 300 eerstegraadse lusernbale is verwoes. Die skool se hamermeul wat gebruik word om veevoer te maal het ook in die slag gebly.
Volgens hom word die oorsaak van die brand deur die polisie ondersoek. Hy sê die skool het nog nooit voorheen skade van die omvang gehad nie.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus
Henco Gericke: