Local News
Pukkampus toegewyd tot nasiebou─── CHRISTAL-LIZE MULLER 14:55 Fri, 08 Aug 2014
Christal-Lize Muller
Potchefstroom - Die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus omarm multi-kulturalisme en ondersteun transformasie om nasiebou aan te moedig. Dit is die mening van die NWU se Pukkampus-rektor, Herman van Schalkwyk, in reaksie op die Hoëronderwys-Transformasienetwerk (NETN) se uitlatings dat hy ‘n verskuilde agenda met ‘n apartheidsaanslag het.
Die vinger word ook na hom gewys dat hy die verspreiding van pamflette op die kampus vroeër vandeesweek met beweerde rassistiese uitlatings as haatspraak afgemaak het.
Van Schalkwyk het ook skerp gereageer op die NETN se eis dat hy uit sy pos ontslaan moet word.
Volgens Van Schalkwyk is die situasie op kampus kalm en die meerderheid studente gaan normaalweg voort met hul studies.
Volgens Van Schalkwyk is die situasie op kampus kalm en die meerderheid studente gaan normaalweg voort met hul studies.
Hy sê die algemene gevoel onder die studente is dat slegs enkelinge die pamflette versprei het en 'n negatiewe atmosfeer op kampus wou skep.
Herman van Schalkwyk: