Local News
Dr Kenneth Kaunda uitvoerende komitee ontbind─── DANE BEISHEIM 12:59 Tue, 29 Jan 2013
Dane Beisheim
Klerksdorp - Die ANC in Noordwes het die uitvoerende komitee van die Dr Kenneth Kaunda-distrik in die Klerksdorp-omgewing ontbind.
Volgens die komitee is die streek erg verdeeld, wat alreeds tot geweld gelei het. Volgens ANC provinsiale woordvoerder Kenny Barolong sal die besluit aan al die takke van die ANC gekommunikeer word.
Intussen sê die NWU se André Duvenhage dat dit 'n geleentheid vir opposisiepartye is om te kapitaliseer op die huidige wanorde in die ANC.
Duvenhage sê hulle kan dit gebruik om te mobiliseer vir die 2014-verkiesing.

André Duvenhage: