On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Ashmund
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Press Office

OFM Opstal by Graan SA NAMPO Oesdag 2024

───   11:28 Tue, 07 May 2024

OFM Opstal by Graan SA NAMPO Oesdag 2024 | News Article

Die OFM Opstal is vanjaar die sentrale punt waarvan Die Klank van Jou Lewe se bedrywighede tydens Graan SA NAMPO Oesdag 2024 sal plaasvind.

OFM is weereens die trotse mediaborg en vennoot van Graan SA se NAMPO Oesdag, die grootste landbouhandelskou in die Suidelike Halfrond.

Die geleentheid, wat die 56ste keer aangebied word, vind plaas van 14 Mei tot 17 Mei 2024 op NAMPO Park buite Bothaville in die Vrystaat, en dien as ’n hoogtepunt op die landboukalender. Elke jaar lok dit duisende besoekers, uitstallers en leierskap van regoor die land en selfs die buiteland.

Die ekspo dien as ’n sentrale vertoonvenster vir die nuutste innovasies in landboutegnologie, masjinerie, navorsing en bedrywighede. Dit bied ’n onmisbare geleentheid vir belanghebbendes om te netwerk, te leer en betrokke te raak by betekenisvolle gesprekke.

Volgens Graan SA se dr. Dirk Strydom, hoof van NAMPO, Bemarking en Navorsingskoördinering, speel NAMPO ’n belangrike rol om die landbousektor te verbind deur aan produsente ’n eenstop-omgewing te bied vir interaksie en om sake met klein en groot besighede en relevante rolspelers te doen. “Die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap besef dat om verbind te bly nie net ’n luukse is nie, maar ’n noodsaaklikheid vir groei in vandag se mededingende Agri-landskap. NAMPO is die handelskou wat aan produsente ’n platform bied om toegang te verkry tot inligting en interaksie te hê met dienste en produkte wat verband hou met produksie, masjinerie, voedselverwerking, insette, presisielandbou en finansiële oplossings.”

As ’n mediavennoot speel OFM ’n belangrike rol in die uitbreiding van die geleentheid se omvang en impak. OFM bied omvattende dekking van die ekspo en bied aan uitstallers ’n platform om hul bemarkingsboodskappe aan ’n breë gehoor ten toon te stel, wat maksimum blootstelling verseker.

Die OFM Opstal kan besoek word oorkant die NAMPO-saal, vanwaar OFM gedurende die week regstreeks vanaf die geleentheid sal uitsaai en onderhoude met uitstallers, landbou-belanghebbendes en bedryfsleiers sal voer. Die OFM CLOSET, waar besoekers byderwetse klerasie kan koop, sal ook oop wees vir besigheid en die bemarkingspan bied weer opwindende promosies op die terrein aan.

OFM se bemarkings- en verkoopsbestuurder, Anchen Lintvelt, sê OFM se vennootskap met Graan SA se NAMPO Oesdag is nie net ’n hoogtepunt vir OFM nie, maar ook iets waarop ons geweldig trots is om mee geassosieer te word. “Die landbousektor is vir OFM van kardinale belang en ons betrokkenheid by NAMPO gee ons die geleentheid om ons liefde vir landbou te kan uitleef. OFM sal beslis sorg vir hope vermaak, insiggewende gesprekke en daaglikse inligting van alles wat jy moet weet as jy NAMPO Oesdag hierdie jaar wil besoek.”

Graan SA se NAMPO Oesdag bespreek ’n spesiale plek op OFM se jaarlikse kalender, met programme en aktiwiteite wat saamgestel is om by te dra tot die groter boodskap van hoop en ontwikkeling binne die landbousektor. OFM bly daartoe verbind om die landbou te vier en die stemme in die bedryf te versterk.

Vir meer inligting, kontak marketing@ofm.co.za.

EINDIG


Join OFM at NAMPO Harvest Day 2024

OFM is once again the proud media sponsor and partner of Grain SA's NAMPO Harvest Day, the largest agricultural trade show in the Southern Hemisphere.

Scheduled from 14 May to 17 May 2024, the 56th edition of this event will take place outside Bothaville in the Free State, serving as a cornerstone of the agricultural calendar, attracting thousands of visitors, exhibitors, and leaders from across the country and abroad.

Grain SA’s NAMPO Harvest Day, held at NAMPO Park, serves as a central showcase for the latest innovations in agricultural technology, machinery, research, and operations. It provides an unmissable opportunity for stakeholders to network, learn, and engage in meaningful conversations.

According to Grain SA’s Dr Dirk Strydom, Head of NAMPO, Marketing & Research Coordination, NAMPO plays an important role in connecting the agricultural sector by offering producers a one-stop environment to interact and do business with small and large businesses and relevant role players. “The South African agricultural community realise that staying connected is not just a luxury, but a necessity for growth in today’s competitive Agri-landscape. NAMPO is the trade show that offers producers a platform to access information and interact with services and products on offer, related to production, machinery, food-processing, inputs, precision agriculture and financial solutions.”

As a media partner, OFM plays a vital role in expanding the event’s scope and impact. OFM offers comprehensive coverage of the expo and provides exhibitors with a platform to showcase their marketing messages to a broad audience, ensuring maximum exposure.

Throughout the week, the ‘OFM Opstal’ can be visited across the NAMPO hall from which OFM will broadcast live, featuring interviews with exhibitors, agricultural stakeholders, and industry leaders. Visitors can also come to the OFM CLOSET to purchase branded clothing. Additionally, the marketing team will conduct exciting promotions on-site, giving visitors the chance to meet their favourite presenters.

OFM’s marketing and sales manager, Anchen Lintvelt, says OFM's partnership with Grain SA's Nampo Harvest Day is not only a highlight for OFM, but also something we are immensely proud to be associated with. “The agricultural sector is of crucial importance to OFM and our involvement with NAMPO allows us to live out our love for agriculture. OFM will certainly provide loads of entertainment, informative talks and daily information on everything you need to know if you want to visit NAMPO Harvest Day this year."

Grain SA's NAMPO Harvest Day books a special place on OFM's annual calendar, with programmes and activities curated to contribute to the larger message of hope and development within the agricultural sector. OFM remains committed to celebrating agriculture and amplifying the voices of those within the industry.

For more info, contact marketing@ofm.co.za.

ENDS


Waarom OFM

OFM, die klank van jou lewe, is Sentraal-Suid-Afrika se voorste handelsradiostasie, wat ’n verskeidenheid musiek, nuus en vermaak bied. Die stasie vier vanjaar reeds 38 jaar in die uitsaaiwese. OFM is deel van die Central Media Group, met sy hoofkantoor in Bloemfontein.

Die stasie bedien die welvarende SEM 7-10 ekonomies aktiewe mark met ’n uitsaaigebied wat die Vrystaat, Noord-Kaap, Suid-Gauteng en Noordwes insluit. OFM is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika, en sluit ’n volle spektrum van luisteraars in, van stedelike werkende ouers, tot korporatiewe professionele persone, sowel as landelike gemeenskappe en landbouprodusente.

Die stasie het ’n ongelooflike lojale en ondersteunende gehoor. OFM se luisteraars spandeer van die meeste tyd wat luisteraars in Suid-Afrika spandeer om radio te luister. Dit word bereik deur die stasie se gepaste musiekaanbiedinge – luisteraars kan hul gunstelingliedjies op die Request Network versoek en op Saterdae kan hulle inskakel om saam Sentraal-Suid-Afrika se 30 grootste treffers op die Central SA Top 30 af te tel.

OFM bied verskeie nisprogramme aan – insluitend ’n toegewyde landbouprogram met drie bykomende landbounuusopdaterings per dag, asook as ’n toegewyde sakeprogram.

Sport lê OFM-luisteraars na aan die hart en dit is wat baie Sentraal-Suid-Afrikaners byeenbring. Die stasie is ’n trotse vennoot, borg en ondersteuner van die Cheetahs-, Griekwas- en Luiperds-rugbyspanne, asook die Knights-, Heat- en Dragons-krieketspanne. OFM is daartoe verbind om die waarlike goeie lewe te lei, en terselfdertyd Sentraal-Suid-Afrikaners te help om hul beste lewens te lei.


Why OFM

OFM, the Sound of Your Life, is Central South Africa’s premier commercial radio station, offering a mix of music, news, and entertainment. The station celebrates 38 years in the broadcasting industry this year. OFM is part of the Central Media Group, with its head office in Bloemfontein.

The station serves the affluent SEM 7-10 economically active marketplace with a broadcast footprint across the Free State, Northern Cape, southern Gauteng and North West. OFM is synonymous with the people of Central South Africa and includes a full spectrum of listeners, from urban working moms and dads to corporate professionals, as well as rural communities and agricultural producers.

The station has an incredibly loyal and supportive audience. OFM enjoys one of the highest occurrences of time spent listening to the radio in South Africa. This is achieved by the station’s great music offerings – such as playing listeners their favourite songs on the Request Network and counting down Central South Africa’s 30 biggest hits on the Central SA Top 30.

OFM offers several niche features – including a dedicated agricultural programme with three additional agricultural news updates a day, as well as a dedicated business programme.

Sport is close to OFM listeners’ hearts and is what brings much of Central South Africa together. The station is a proud partner, sponsor, and supporter of the Cheetahs, Griquas and Leopards rugby teams as well as the Knights, Heat and Dragons cricket teams. OFM is committed to living the real good life, while at the same time helping Central South Africans to live their best lives.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.