On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Nuwe volhoubare landbou-lening aangekondig

───   05:00 Mon, 20 May 2024

Sponsored05:00 Mon, 20 May 2024
Nuwe volhoubare landbou-lening aangekondig | News Article
Foto: Getty Images

Terwyl die wêreld die 2030-sperdatum vir die implementering van die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte nader, is die behoefte vir volhoubare boerdery- en landboubesigheidspraktyke belangriker as ooit.

Suid-Afrika se landbousektor, ’n hoeksteen van die ekonomie en die basis waarop ons nasie se voedselsekerheid rus, staan by ’n kruispad waar die aanvaarding van volhoubare metodes nie net ’n keuse is nie, maar ’n noodsaaklikheid.

Om volhoubaarheid in hierdie belangrike sektor te verseker, vereis egter ’n sterk verbintenis deur alle rolspelers. Dit verg ook aansienlike finansiële hulpbronne.

Histories was verskeie befondsingsgeriwe beskikbaar vir boere en landboubesighede, maar om die beduidende volhoubaarheidsuitkomste wat van die sektor vereis word, te bereik, sal nou egter afhang van die skepping van pasgemaakte finansieringsgeriewewat spesifiek aangepas is om volhoubaarheidsdoelwitte binne die landbou te dryf.

Die FNB Volhoubare Landbou-lening is ’n baanbrekende finansiële produk vir die bank deurdat dit met tasbare lewering hom verbind om die transformasie van landbou te ondersteun en sy bydrae tot ’n meer veerkragtige en laekoolstofekonomie te verbeter.

Die lening moedig ’n verskeidenheid volhoubare landboupraktyke aan, van hernubare energieprojekte soos sonkrag en biogas tot waterdoeltreffendheid en herlewingslandbou.

Dit bied ook terugbetalingsvoorwaardes van tot 10 jaar met die opsie van ’n 12-maande rente-slegs tydperk, en 100%-finansiering met lening-tot-waarde-verhoudings van tot 70%, wat dit geskik maak vir ’n wye reeks landbou-besigheidsentiteite – insluitend bestaande en nuwe FNB-kliënte – oor die hele landbouwaardeketting heen.

Sodra 50% van die lening terugbetaal is, kan leners ook die bank versoek om fondse te heronttrek vir verdere volhoubare inisiatiewe. Die terugbetalingstruktuur sluit ook opsies in om die 12-maande-rentebetalings te verleng en buigsame kapitaalterugbetalingskedules te integreer.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.