On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Beur teen die winde wat ’n impak op SA landbou het

───   08:39 Tue, 29 Nov 2022

Sponsored08:39 Tue, 29 Nov 2022
Beur teen die winde wat ’n impak op SA landbou het | News Article

Soos wat ons die einde van 2022 nader, het beduidende teenwinde steeds ’n impak op die Suid-Afrikaanse landbousektor.

Volgens John Hudson, Nedbank se Nasionale Hoof van Landbou, is sommige uitdagings – infrastruktuur, elektrisiteit, belegging, logistiek, siektebeheer en dienslewering – al vir ’n geruime tyd met ons, terwyl ander faktore, soos klimaatsverandering en marktoegang, ’n voortdurende impak op bedrywighede en groei het.

Ten spyte van hierdie uitdagings, is die sektor steeds in ’n positiewe spasie, te danke aan die La Niña-fenomeen, bogemiddelde oeste en soliede kommersiële prestasie. Om dié positiewe aspekte te verstewig, is dit belangrik om die bestaande impak van hierdie teenwinde te verstaan, daaruit te leer, en op langtermynoplossings te fokus om dit te oorkom.

Ná twee agtereenvolgende rekordjare ten opsigte van uitvoere, verwag ons ’n verlaging in netto landbou-uitvoere vir 2022.

Hierdie verlaging in uitvoere word beïnvloed deur die verlaagde produksie van sleuteloeste, dieresiektes en die veranderings van regulasies in die Europese Unie (EU) se markte, asook die vloede in KwaZulu-Natal in April en stakings by Transnet-hawens in Oktober. Ten spyte van geïmplimenteerde noodmaatreëls en investering in die herbou van infrastruktuur wat vloedskade gely het, sowel as gedeelde lading regoor verskeie ander hawens, is die sektor steeds geaffekteer.

Die uitbreek van bek-en-klouseer – ’n uitdaging wat reeds in 2021 te voorskyn gekom het – het dinge verder gekompliseer en die industrie steeds in 2022 beïnvloed.

Hierdie teenwinde bly steeds ’n uitdaging wat slegs oorkom kan word deur konsekwente betrokkenheid by owerhede in sleutelmarkte, verbeterde siektebeheer, volgehoue belegging in nuwe infrastruktuur, en die instandhouding en herstel van bestaande toerusting. Dit is ook belangrik om die uitgadigings wat deur veranderde wetgewing in die EU oor sitrusinvoere meegebring is, te oorweeg; plaagbeheer soos die vals kodlingmot; en behoorlike hantering van ander plantgesondheidskwessies, soos sitrus-swartvlek. Hierdie uitdagings, saam met verbeterde marktoegang, vereis dat die Suid-Afrikaanse owerhede ingryp om verhoudings met invoerlande wat vir die uitvoersektor noodsaaklik is, te versterk.  

Laastens is daar faktore soos die oorlog in Oekraïne, die voortslepende impak van Covid-19, ontwrigte voorsieningskettings, wisselende insetkoste en onstabiele wêreldvoedselpryse wat plaaslike stabiliteit en welstand bedreig. Volgens die VN se Voedsel en Landbou-organisasie, kan die koste van voedsel en groeiende onsekerheid moontlik onrus op die kontinent veroorsaak. Hierdie ernstige bedreigings moet deur middel van konsekwente en deurlopende belegging in die standvastigheid van die landbousektor deur beide die openbare en privaatsektor, aangespreek word. Toegewyde benaderings is die sleutel tot riskobestuur van voedselkoste en -stabiliteit asook die hantering van voortslepende uitdagings soos beurtkrag, insetkoste en misdaad. Die landboulandskap is kompleks, en om hierdie kompleksiteit op te los vereis dat elke speek in die landbouwiel saamwerk om ’n volhoubare toekoms te bou.

Nedbank se belegging in die landbousektor is ’n kerndeel van ons strategie en ons is daartoe verbind om boere, landboubesighede, entrepreneurs en organisasies van die kundigheid en finansiële vernuf te voorsien om in komplekse tye te floreer.

Soek jy dus net nóg 'n finansiële vennoot, of die regte vennoot om jou landboubesigheid te laat groei? Om meer uit te vind, stuur 'n e-pos aan agriculture@nedbank.co.za of besoek nedbank.co.za/agriculture.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.