Local News
Sprinkane teister Prieska boere─── LANI LANI 14:57 Tue, 05 Feb 2013
Lani Fouché
Prieska - Boere in Prieska in die Noord-Kaap word geteister deur 'n sprinkaan-plaag.
Agri Noord-Kaap se Johan van Rensburg sê egter dit is onder beheer en maatreëls is in plek om dit hok te slaan.
Dit kom nadat die provinsiale landboudepartement 'n waarskuwing aan boere uitgereik het om voorkomingsmaatreëls spoedig in plek te kry om hul lande teen 'n uitbreking te beskerm, veral in die Pixley Ka Seme-distrik.
Departementele woordvoerder Phemelo Manankong sê daar was in die verlede krisisse weens die laat-aanmelding van sulke plae by die provinsiale sprinkaanbeheerspan.
Van Rensburg sê reën veroorsaak gewoonlik so 'n uitbreking.

Johan van Rensburg: