Yellow Door
As jy nie iets goeds kan sê nie...─── ILSE SMALBERGER 20:40 Thu, 11 Oct 2012

Met al die lekker wat Facebook gebring het, het dit ook weer ‘n nuwe bron van irritasie vir Ilse Smalberger meegebring.
Daar is verskriklik baie goed in hierdie lewe wat my irriteer. As ek my lysie hier moet opnoem, gaan ons lank sit. Ek praat nou nie hier van goed wat my briesend kwaad maak nie. Daar is eintlik nie eers so baie goed wat my rêrig, êrig blind van woede maak nie. Maar my irriteer? Dis ‘n heel ander storie.
Daar is die goed wat meeste mense sekerlik vang, soos ‘n druppende kraan, iemand wat in die fliek heeltyd op sy selfoon besig is, en mense wat in die kerk hoes en hoes en hoes en hoes en hoes … (om hemelsnaam suig net ‘n pepperment of iets!). Mense wat soos hulle dinges parkeer, kry my ook nogal onder. Werklik, dis nie so moeilik om jou motor tussen twee wit lyne in te trek nie.
Dan is daar natuurlik ook swak diens in ‘n winkel, soos ‘n kassiere en ‘n sakpakker wat eerder met mekaar wil gesels as wat hulle hoegenaamd belangstel om jou te help. Ek het selfs eendag ‘n brief aan ‘n groot kettingwinkelgroep geskryf nadat my sakpakker letterlik op haar een arm gelê het en met een hand so elke drie sekondes iets in my sak gegooi het. Die vrou agter my het al klaar betaal, toe is die arme moeë mens nog steeds besig om my twee sakke te pak.
Iets wat my egter ontsettend, verskriklik irriteer, is mense wat op Facebook ander mense se passies of vreugdes of bekommernisse of vrese kritiseer en afmaak as belaglik. Kom ek wees meer spesifiek – en ek gaan dalk nou op ‘n hele paar tone trap! In my geval is dit sport. Ek is baie lief vir rugby en krieket en selfs ‘n bietjie tennis en Formule 1 so nou en dan. Maar om een of ander rede is dit vir sekere mense (lees: ander vroue) ongelooflik erg as iemand passievol oor rugby is. ‘n Mens sien gereeld comments soos “Ek kan nie verstaan dat mense so opgewonde oor ‘n klein balletjie kan raak nie” of “Ek is so bly my dag hoef nie af te hang daarvan of die Springbokke/Cheetahs/Bloubulle/Grey wen of verloor nie”.
Dit maak my rasend. Weet jy dame, my dag hang ook nie daarvan af nie, maar dis vir my lekker om oor iets so opgewonde te raak, dat ek soms selfs ‘n hoofpyn het van al die skree as dit verby is. Wen of verloor.
Dit hoef nie eers sport te wees nie. Vir party mense is dit kosmaak/eet, of diere/voëltjies kyk, valskermspring of modelbote bou. As jy elke dag daaroor wil praat of iets op Facebook daaroor wil skryf, hoekom nie? Hoekom moet mense so mislik wees?
Iets waarvan ek byvoorbeeld glad nie hou nie, is wat ek noem koek-en-tee partytjies. Jy weet, daardie vrouetees wat gehou word vir fondsinsamelings, waar ‘n spreker kom praat en partykeer is daar ‘n modeparade. Ek haat dit. Maar as ‘n vriendin my nooi, want dis vir haar lekker, of sy moet haar tafel volmaak, dan gaan ek. Ek hou my mond en ek drink tee en ek lag en gesels met almal om die tafel. Ek sit nie heeltyd vir almal en vertel hoe vervelig ek dink dit is nie.
Mense is verskillend. Iets wat vir een persoon lekker is, is vir ‘n ander super simpel. Dis okay. Ons hoef nie almal van al dieselfde goed te hou nie. Kan ons nie net ‘n bietjie meer verdraagsaam wees vir ander se passies nie? Of dit nou rugby, teater, mosaïek, tuinmaak, of posseëls versamel is – net omdat jy dink dis die grootste mors van tyd ooit, beteken dit nie ALMAL moet ook so dink nie. Meer nog, jy hoef nie die heeltyd vir almal te loop en vertel presies hoe stupid jy dink dit is nie.
Die ou mense het baie oulike sêdingetjies, maar een van die beste is sekerlik “As jy nie iets goed van iemand kan sê nie, bly liewer stil”. Ek weet dit is ‘n baie ongewilde en ouderwetse manier van dink in vandag se samelewing, maar daar is eintlik vreeslik baie te sê vir goeie ou common decency. Ek dink in hierdie tye van vrye denke en nog vryer spraak, is dit dalk goed om dit so nou en dan te onthou.