The Vine
Vetkoek resep!─── 11:28 Mon, 20 Feb 2017
Met die resep kan jy vetkoek of brood maak!
VETKOEK OF BROOD
Dit maak 2 klein broodjies of 1 grote
Die deeg maak ook heerlike broodrolletjies. Hulle is lekker sag.
6 K meel
10 g kitsgis
50 ml gesmelte botter
5ml sout
1 E suiker en
2 K water
METODE:
Ek gooi al die droe bestandele bymekaar , Maak 'n holte in middel en voeg die water en botter daarin en knie dit goed tot glad en elasties. Maak dit toe laat rys tot amper verdubbel knie af
VORM VETKOEKE - ek rol dit so n rol druk plat op olie gesmeerde oppervlakte en gooi klam doekie oor en sit dan my olie op.
As die olie reg is druk ek hul weer plat en sit oliekant na bo in olie
Bron: Elsie Slabbert
Plasing & Foto : Elsie Slabbert / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Bron: http://www.watertandresepteviroudenjonk.com/vetkoek.html