On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nadine
Listen Live Streams

The Joyride Blog

What's on the Menu - Kerrievis

───   15:55 Thu, 07 Apr 2022

What's on the Menu - Kerrievis | News Article
Kerrievis op 'n bord

Maradine Whitehorn laat weer ons monde water met hierdie lekker resep.

KERRIEVIS  


Bestanddele:

Stokvis

sout en peper

250ml koekmeel

2 eiers, geklits

kookolie vir bak


Sous:

3 uie, in skywe gesny

375ml bruinasyn

60ml water

45ml suiker

5ml borrie

10ml kerriepoeier

1ml paprika

5 lourierblare

8 peperkorrels

sout na smaak (nie te veel nie)

2e blatjang

2e konfyt


Metode:

1. Rol vis in jou gegeurde meel

2. Druk jou mote een vir een in geklitste eier en braai in olie tot goudbruin. Dreineer.

3. Kook alles saam vir so 8-10 min (Sous).

4. Plaas 'n laag vis, 'n laag uie, 'n laag sous alternatiewelik, tot alles op is. Plaas in yskas.

5. Gebruik 'n glas- of plastiekbak. Hoe langer jou vis lê, hoe lekkerder is dit! Jy kan dit na dag 2 bietjie omroer stadig.


Podcasts

What's on the Menu - Kerrie vis:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.