The Joyride Blog
'Life Hacks' - Selfdoen wenke vir kerse en kabels─── 15:48 Fri, 14 May 2021

Nikki het wenke vir jou om hierdie naweek op die proef te stel.
Sitrus Kerse:
Neem ‘n lemoen of suurlemoen en hol dit uit deur dit eers in twee helftes te sny. Maak seker dat die lemoen of suurlemoen se stronk gedeelte agter bly. Vul met olyfolie en maak seker dat jy so klein bietjie op die stronk gedeelte ook gooi.
Nou is die kers gereed om te gebruik. Dit mag dalk so rukkie neem om dit aan die brand te kry, maar dit hou baie langer as ‘n gewone kers en laat jou hele huis heerlik ruik.
Indien jy nie lus is om jou beursie saam met jou te neem na ‘n fees of ‘n konsert nie, vat ‘n ou lipsalf stafie, of dan nou LIPICE soos dit bekend staand, hol dit uit en was dit uit, en sit jou geld opgerol daar binne. Dit pas in jou sak en is maklik om rond te dra.
‘n Kans om te herwin. Indien jy klomp drade het wat in die huis plek opneem in jou kas, kan jy hierdie life hack toepas. Neem ‘n ou kartonboks, sit klaar gebruikte toilet rolle binne, mooi langs mekaar en sit die drade binne in die rol. Niks sal knoop of deurmekaar raak nie en jy red die aarde en jouself van 'mal' raak.
Life Hacks: