On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

The Delightful Blog

TBS: Mommy Matters - Waaraan dink 'n ma terwyl sy die kosblikke pak?

───   08:31 Mon, 11 Jan 2016

TBS: Mommy Matters - Waaraan dink 'n ma terwyl sy die kosblikke pak? | News Article
Image title
Image title
So waaraan sal 'n Ma staan en dink terwyl sy kosblikke pak vir die skool? Luister hier:



source: Scary Mommy

Hier is ook 'n paar kosblik idees:

Image title

GESONDE KOSBLIK VIR POUSE

Moet jy elke dag van die week vir jou kinders ’n kosblik inpak?
 Is jou kind vol fiemies en sukkel jy om hom gesond te laat eet? 
Hier is ’n paar wenke en idees wat dinge vir jou makliker sal maak:

Dink vooruit
Beplan vooruit, anders gaan jou kind elke dag ’n Marmite-broodjie skool toe kry. 
Dink hoeveel maaltye die kos in die kosblik moet vervang en pak genoeg kos in. 
Maak dinge makliker deur oorskiet kreatief te gebruik.

Speel ’n bietjie
Kinders eet ook met hul oë, so probeer om die kosblik so interessant en pret as moontlik te maak. 

Die verpakking en die aanbieding is baie belangrik.
Laat jou kinders hul eie kosblik en koelsak uitkies.
Koop kleurvolle plastiekeetgerei en servette.
Gebruik koekiedrukkers om interessante toebroodjies te maak.
Laat jou kinders hul eie mengsel van neute en droëvrugte maak, of laat hulle jou help om muffin te bak.

Vyf van die beste
Pak ’n gesonde, gebalanseerde maaltyd in deur kos uit al vyf voedselgroepe in te sluit:
Brood en stysel
Proteïne
Melk en suiwelprodukte
Vrugte en groente
Vette en olies (Pak soms ’n paar lekkers in – balans is baie belangrik.)

Wenke
Vries jou kind se koeldrank of water die aand voor die tyd. Dit sal heeldag ontdooi en lank koel bly.
As jy tamatie op ’n toebroodjie sit, moenie die tamatie direk op die brood sit nie.
   Tamaties bevat baie water en sal die brood nat en papperig maak.
As jy avokado gebruik, gooi ’n bietjie suurlemoensap daaroor om te verhoed dat die avokado verkleur.

KOSBLIK IDEES WAT ANDERS IS

Picture1. Pak volgraan broodjie met lekker koue vleis en slaaiblare (los uit as dit warm is). Sit 'n lekker mosterdsousie of chutney op die vleisie...dis heerlik! pak daarmee saam 'n lekker pasta slaai en 'n vrug soos 'n naartjie of appel of 'n trossie druiwe in. Kies kosblikke met kompartemente, dan bederf die een nie die ander se smaak nie!

2. In plaas van brood pak jy piesangbrood, pekkaneut en sjokolade muffins of selfs die  gewilde marmite -tert in...dit breek die verveligheid van brood !

3. Koue frikadelle, frikadelle op stokkies en 'n lekker tuisgemaakte mosterd sousie is ook heerlik! Pak daarmee saam wortel en komkommer stokkies in. Gesond en kleurvol! 

4.  Sit 'n paar wine-gums of Jelly Beans in mens kry dit nou in oulike klein verpakkings! 

5. Onthou die drinkgoed, water wat jy gevries het, lekker aanmaak koeldrank of selfs vrugtesappies wat jy vries.

GESONDE " HAMBURGER" KOSBLIK

PictureGebruik 'n volkoring ronde "bun"

1. Sit lekker koue vleis (selfs vd vorige aand se boud wat oorgebly het)
2.  Dan 'n lekker skyfie kaas
3.  Komkommer is heerlik op so broodjie
4. Tamatie (net as dit nie te warm is nie)
5. Smeer dan chutney of 'n lekker mosterdsousie op die vleisie en sit 'n vrug van jou      
    kind se keuse by! 
6. Sit 'n lekker sap saam in en dis 'n heerlike kosblik en gesond! 

Image titleMINI PIZZAS VIR DIE KOSBLIK 
Lewer ± 24 pizzas

BESTANDELE: 

KORS:
750ml koekmeel
15ml bakpoeier
250ml melk
100ml olie
Tamatiebasis
60ml tamatiesous
45ml warm water
45ml olie

HAWAISE BOLAAG: 
250g Mozzarellakaas, gerasper
8 snye ham, gekap
1x 44og-blik pynappelstukke, gedreineer
sout, varsgemaalde peper en knoffel na smaak

METODE:
Meng die koekmeel en bakpoeier in ‘n mengbak en voeg die melk en olie by. Meng tot ‘n sagte deeg. Die deeg moet dieselfde tekstuur as brooddeeg hê. 
As die mengsel te droog is, kan ‘n bietjie ekstra olie en melk bygevoeg word tot die deeg hanteerbaar is.
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n bakplaat.
Rol die deeg uit (so dun soos jy verkies) op ‘n werkoppervlakte wat liggies met meel bestrooi is en sny sirkels van ongeveer 5 tot 10cm in deursneë uit. Rangskik die sirkels op die voorbereide bakplaat.
Meng die tamatiesous, water en olie en smeer dit egalig oor die pizzabasisse.
Strooi die gekapte ham, speserye en pynappelstukke oor die deeg en bedek met die gerasperde mozzarellakaas.
Bak 10 tot 15 minute of tot goudbruin aan die onderkant. 

source: watertandresepteviroudenjonk.com

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.