At Lunch
Vrystaat Kunstefees 2017 - AWO / Hedda / Konsert met 'n Kick─── 14:13 Mon, 26 Jun 2017
Luister hier om meer uit te vind oor "Hedda" en "Konsert met 'n Kick!", soos uitgebrei deur Erik en Ilne, tydens "At Lunch met Cyril".
HEDDA
"Meisies speel met poppe, Hedda speel met mense. Die Vukallective het vir julle die bekroonde produksies Let's Eat Hair (2015) en AVU (2016) gebring, Kom kyk nou hoe ons gek skeer met alles wat ons geleer is."
KONSERT MET 'N KICK!
Hoor hier, BAIE GELUK met jou KONSERT! Ons was mal daaroor! Hier sit ek my voet neer. Jy sê nooit ooit vir ’n kunstenaar hy hou konsert nie! Dit is ’n helse klap in die gesig! Jy kan enige iets sê – jy kan sê jou vertolking was swak, jou kostuum laat jou dik lyk, maar NOOIT geluk met jou konsert nie! Maar is dit nie wat ek after all van hou om te doen nie? En dit is wat julle gaan kry! ’n Kielie-mielie-bo-baas-bieliepietersielie- vir-gert-en-gielie-deurmekaar-kunstenaartipsytert- konsert! Dames en here, wat meer kan ek sê as – EEN SKRYWER, EEN SKEPPER, BAIE STORIES!