On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

Padsterftes dié feestyd reeds meer as verlede jaar

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:00 Fri, 20 Dec 2024

Padsterftes dié feestyd reeds meer as verlede jaar | News Article
Foto: iStock

Meer as honderd mense is reeds dié feestyd dood op Sentraal-Suid-Afrika se paaie, terwyl die getal padsterftes hoër is as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Dié kommerwekkende statistiek is Donderdag (19/12) deur Barbara Creecy, minister van vervoer, bekendgemaak toe sy erken het pogings was onsuksesvol om padsterftes aan die begin van die feestyd te verminder.

Volgens Creecy het 512 mense tussen 1 en 19 Desember hul lewe verloor in padongelukke verloor, ’n toename van 2,6% vergeleke met verlede jaar.

‘Die meeste sterftes was voetgangers’

Boonop het 439 ongelukke sedert die begin van Desember op die land se paaie voorgekom, ’n toename van 3,1%. Die meeste sterftes – 45,6% – was voetgangers.

Volgens Creecy het nie een van die noodlottige botsings tot dusver op een van die agt “prioriteitpaaie” gebeur nie, maar wel op sekondêre paaie. Die prioriteitpaaie is van die land se besigste roetes waar die departement die meeste van sy hulpbronne ontplooi.

Creecy sê die eerste piek in verkeer het gedurende die langnaweek van 13 tot 16 Desember plaasgevind, waarna ’n toename van Vrydag (20/12) tot Dinsdag (24/12) verwag word.

‘Departement bly bekommerd oor roekelose voetgangers’

“Sedert 1 Desember is altesaam 575 227 voertuie by 561 padblokkades landwyd. Altesaam 3 063 mense is in hegtenis geneem teenoor 2 386 in dieselfde tydperk verlede jaar.

Dit sluit in 941 vermeende dronkbestuurders en 230 spoedvrate. Voorts is 98 voetgangers aangekeer omdat hulle die pad roekeloos oorgesteek het.

Die departement “bly bekommerd oor die getal mense wat steeds onder die invloed van drank bestuur en roekelose voetgangers,” sê Creecy. Gauteng, KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap, die Oos-Kaap en Limpopo het 70% tot alle padsterftes bygedra.

439 ongelukke het sedert die begin van Desember op die land se paaie voorgekom. Foto: Canva

Die padsterftes van 1 tot 19 Desember is soos volg aangeteken:

  • Gauteng: 96
  • KwaZulu-Natal: 77
  • Wes-Kaap: 74
  • Oos-Kaap: 54
  • Vrystaat: 52
  • Mpumalanga: 44
  • Noordwes: 36
  • Limpopo: 58
  • Noord-Kaap: 21

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.