On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico
Listen Live Streams

South Africa

Vragmotorbestuurders staak moontlik landwyd

───   09:38 Sun, 10 Nov 2024

Vragmotorbestuurders staak moontlik landwyd | News Article
Die N3-hoofweg is in Oktober 2021 deur vragmotorbestuurders versper wat betoog het teen die indiensneming van buitelandse bestuurders. Foto: Daily Maverick/Felix Dlangamandla

Beswaarde Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders beplan na bewering om van Maandag af nasionaal te staak.

Die Fidelity Services Group sê hoewel dit onbevestig is, bestaan die risiko dat die All Truck Drivers Forum en Allied SA (ATDF-ASA) se stakings reeds die naweek kan begin. Dit volg op ’n uitgerekte geskiedenis van ses jaar van geweld in die Suid-Afrikaanse vragmotor- en padvragbedryf.

Die spanning in die bedryf is al sedert 2018 duidelik, met die hoofbeswaar die indiensneming van buitelandse vragmotorbestuurders.

Die ATDF-ASA voer aan dat verskeie vragmotormaatskappye in die land gereeld en onwettig buitelandse vragmotorbestuurders huur teen ’n laer koste om wins te verhoog, wat Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders werkloos laat.

Volgens Fidelity kan groot roetes in die land geraak word, insluitend die N2 en R75 in Gqeberha, die N10 by Nxuba (voorheen Cradock), en die N9 by Middelburg in die Oos-Kaap.

Fidelity sê die Information & Tactical Operations Centre (ITOC) is ’n gesentraliseerde spilpunt wat intydse en vroeë waarskuwingsinligting van verskeie bronne ontvang en die situasie sal monitor en gereeld verslae sal verskaf.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.