On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

South Africa

Ramaphosa se nuwe kabinetslede lê hul ampseed af

───   14:15 Wed, 03 Jul 2024

Ramaphosa se nuwe kabinetslede lê hul ampseed af | News Article
Suid-Afrika se adjunkpresident, Paul Mashatile, lê sy ampeed af. Foto: X

“Hulle kan formeel oorhandigings van die sesde administrasie ontvang en hul pligte begin uitvoer sodra hulle die ampseed afgelê het.”

Pres. Cyril Ramaphosa se nuut aangestelde kabinetslede het Woensdagoggend (3/7) hul eed afgelê voordat hulle amptelik hul rol aanvaar het.

Die uitvoerende gesag bestaan uit 76 lede, onder wie 23 ministers en 43 adjunkministers, soos Sondag aangekondig.

Die seremonie is in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou onder voorsitterskap van hoofregter Raymond Zondo.

Ramaphosa se nuwe kabinet is ’n mengsel van oud en nuut. Etlike lede van voormalige opposisiepartye staan nou aan die hoof van verskeie portefeuljes as deel van die eenheidsregering.

Ongeveer agt ANC-ministers van die sesde administrasie het nie hul amp behou nie, terwyl drie heraangestel is as adjunkte onder DA-ministers.

Onder die koalisievennote is IVP-president Velenkosini Hlabisa as die nuwe minister van samewerkende regering en tradisionele sake aangestel. Ander partyleiers in die nuwe kabinet sluit in UDM-president Bantu Holomisa, nou die adjunkminister van verdediging en militêre veterane.

Mzwanele Nyhontsho, president van die PAC, dien as die minister van grond en landelike ontwikkeling, terwyl Gayton McKenzie, leier van die Patriotic Alliance , die rol van minister van sport, kuns en kultuur opneem.

Ganief Hendricks, president van Al Jama-ah, word as die adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling aangestel.

VF Plus-leier dr. Pieter Groenewald aanvaar die amp as minister van korrektiewe dienste.

Hulle kan formeel oorhandigings van die sesde administrasie ontvang en hul pligte begin uitvoer sodra hulle die ampseed afgelê het.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.