On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

#GNU: ANC, DA en ander kom ooreen; Ramaphosa kondig kabinet aan

───   22:00 Sun, 30 Jun 2024

#GNU: ANC, DA en ander kom ooreen; Ramaphosa kondig kabinet aan | News Article
ANC-president, Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

“John Steenhuisen, DA-leier, sal as die minister van landbou dien.”

Ná weke se onderhandelinge het die twee grootste partye in Suid-Afrika mekaar gevind ter wille van die vorming van die regering van nasionale eenheid (RNE/GNU), berig The Citizen

President Cyril Ramaphosa het Sondagaand, twee weke nadat hy vir sy tweede termyn as Suid-Afrika se president ingehuldig is, uiteindelik sy nuwe regering van nasionale eenheid se kabinet aangekondig. 

Ramaphosa behou sy adjunkpresident, Paul Mashatile, en het aangekondig dat John Steenhuisen, DA-leier, as die minister van landbou sal dien.

Hier is 'n volledige lys van name wat in die nuwe nasionale uitvoerende gesag aangestel is:

Die adjunkpresident is Paul Mashatile.

  • Die minister van landbou is John Steenhuisen.
    Die adjunkminister van landbou is Rosemary Nokuzola Capa.
  • Die minister van grondhervorming en landelike ontwikkeling is Mzwanele Nyhontso.
    Die adjunkminister van grondhervorming en landelike ontwikkeling is Chupu Stanley Mathabatha.
  • Die minister van basiese onderwys is Siviwe Gwarube.
    Die adjunkminister van basiese onderwys is Reginah Mhaule.
  • Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie is Solly Malatsi.
    Die adjunkminister van kommunikasie en digitale tegnologie is Mondli Gungubele.
  • Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake is Velinkosi Hlabisa.
    Die adjunkministers van samewerkende regering en tradisionele sake is Dickson Masemola en Zolile Burns-Ncamashe.
  • Die minister van verdediging en militêre veterane is Angie Motshekga.
    Die adjunkministers van verdediging en militêre veterane is Bantu Holomisa en Richard Mkhungo.
  • Die minister van elektrisiteit en energie is Kgosientsho Ramokgopa.
    Die adjunkminister van elektrisiteit en energie is Samantha Graham.
  • Die minister van wetenskap, tegnologie en innovasie is Blade Nzimande.
    Die adjunkminister van wetenskap, tegnologie en innovasie is Nomalungelo Gina.
  • Die minister van indiensneming en arbeid is Nomakhosazana Meth.
    Die adjunkministers van indiensneming en arbeid is Jomo Sibiya en Phumzile Mgcina.
  • Die minister van finansies is Enoch Godongwana.
    Die adjunkministers van finansies is David Masondo en Ashor Sarupen.
  • Die minister van bosbou, visserye en die omgewing is Dion George.
    Die adjunkministers van bosbou, visserye en die omgewing is Narend Singh en Bernice Swarts.
  • Die minister van gesondheid is Aaron Motsoaledi.
    Die adjunkminister van gesondheid is Joe Phaahla.
  • Die minister van hoër onderwys is Nobuhle Nkabane.
    Die adjunkministers van hoër onderwys is Buti Manamela en Mimmy Gondwe.
  • Die minister van binnelandse sake is Leon Schreiber.
    Die adjunkminister van binnelandse sake is Njabulo Nzuza.
  • Die minister van menslike nedersettings is Mmamoloko Kubayi.
    Die adjunkminister van menslike nedersettings is Tandi Mahambehlala.
  • Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking is Ronald Lamola.
    Die adjunkministers van internasionale betrekkinge en samewerking is Alvin Botes en Tandi Moraka.
  • Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling is Thembi Nkadimeng.
    Die adjunkminister van justisie en grondwetlike ontwikkeling is Andries Nel.
  • Die minister van minerale en petroleumbronne is Gwede Mantashe.
    Die adjunkminister van minerale en petroleumbronne is Judith Nemadzinga-Tshabalala.
  • Die minister van beplanning, monitering en evaluering is Maropene Ramokgopa.
    Die adjunkminister van beplanning, monitering en evaluering is Seiso Mohai.
  • Die minister van polisie is Senzo Mchunu.
    Die adjunkministers van polisie is Polly Boshielo en Cassel Mathale.
  • Die minister in die presidensie is Khumbudzo Ntshavheni.
    Die adjunkministers in die presidensie is Nonceba Mhlauli en Kenneth Morolong.
  • Die minister van staatsdiens en administrasie is Mzamo Buthelezi.
    Die adjunkminister van staatsdiens en administrasie is Pinky Kekana.
  • Die minister van openbare werke en infrastruktuur is Dean Macpherson.
    Die adjunkminister van openbare werke en infrastruktuur is Sihle Zikalala.
  • Die minister van kleinsakeontwikkeling is Stella Ndabeni-Abrahams.
    Die adjunkminister van kleinsakeontwikkeling is Jane Sithole.
  • Die minister van maatskaplike ontwikkeling is Sisisi Tolashe.
    Die adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling is Ganief Hendricks.
  • Die minister van sport, kuns en kultuur is Gayton McKenzie.
    Die adjunkminister van sport, kuns en kultuur is Peace Mabe.
  • Die minister van toerisme is Patricia De Lille.
    Die adjunkminister van toerisme is Maggie Sotyu.
  • Die minister van handel, nywerheid en mededinging is Parks Tau.
    Die adjunkministers van handel, nywerheid en mededinging is Zuko Godlimpi en Andrew Whitfield.
  • Die minister van vervoer is Barbara Creecy.
    Die adjunkminister van vervoer is Mkhuleko Hlengwa.
  • Die minister van water en sanitasie is Pemmy Majodina.
    Die adjunkministers van water en sanitasie is David Mahlobo en Isaac Seitlholo.
  • Die minister van vroue, jeug en persone met gestremdhede is Sindisiwe Chikunga.
    Die adjunkminister van vroue, jeug en persone met gestremdhede is Mmapaseka Steve Letsike.
  • Die minister van korrektiewe dienste is Pieter Groenewald.
    Die adjunkminister van korrektiewe dienste is Lindiwe Ntshalintshali.

Nadat die ANC net meer as 40% van die totale stemme in Mei se algemene verkiesing gekry het, het die DA en ander politieke partye saamgespan om die GNU te vorm.

Die partye in die GNU sluit in die ANC, DA, Patriotic Alliance (PA), Inkatha Freedom Party (IFP), GOOD, Pan Africanist Congress (PAC), Vryheidsfront Plus (VF+), United Democratic Movement (UDM), Rise Mzansi, Al Jama-ah en United African Transformation (UAT).

Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, het gesê die nuwe kabinet sal Dinsdag by die Uniegebou in Pretoria ingesweer word.

Die DA se leierskap het glo verlede week besluit om vir die ANC se president Cyril Ramaphosa te sê indien hy nié voldoen aan die aanvanklike aanbod vir kabinetsposisies wat hy Dinsdag aan die party gemaak het nie, is die ooreenkoms tussen die DA en ANC iets van die verlede.

Ramaphosa het na bewering Woensdagaand die bepalings van die aanbod verander en ’n aanbod vir die pos van minister van handel, nywerheid en mededinging, met die minister van toerisme vervang. Hy het ook die aanbod van sewe adjunkministers na ses adjunkministers verander, hoewel die aanbod van ses ministeriële poste dieselfde bly.

‘Kabinetsaankondiging vroeër uitgestel weens dooiepunt tussen ANC, DA’

Die DA se leierskap en onderhandelingspan is volgens News24 woedend oor Ramaphosa wat sy eie aanbod teruggetrek het nadat die DA dit aanvaar het. Die onderhandelingspan en die breër leierskap van die party het glo eenstemmigheid dat Ramaphosa se hersiene aanbod “onaanvaarbaar” is.

Die land het in afwagting gewag vir Ramaphosa om ’n nuwe en inklusiewe kabinet aan te kondig kort nadat hy herkies is as president en in die amp beëdig is. Ramaphosa het egter sy langverwagte kabinetsaankondiging uitgestel weens wat blykbaar ’n dooiepunt tussen die ANC en DA was.

Die DA het aanvanklik sy oë gevestig op 11 kabinetsposte, hul adjunkte en direkteur-generaal portefeuljes; insluitend ’n eis vir die adjunkpresidentpos.

Dit is in ’n brief onthul, wat Sondag deur Helen Zille, die DA se federale uitvoerende voorsitter, aan Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, gerig was. Die brief het ook gesê dit is “redelik en regverdig dat die DA verteenwoordiging oor alle kabinetsgroepe moet hê”.

‘Geen organisasie met selfrespek kan saamstem met die DA se eise nie’

Terwyl ’n ooreenkoms na bewering bereik is, het Nomvula Mokonyane, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag gesê “geen organisasie met selfrespek” kan saamstem met die eise wat die DA vir die RNE/GNU stel nie.

“Hulle moet eintlik besef ons almal dien in opdrag van die president in ooreenstemming met die Grondwet. Tweedens is daar partye wat ook geakkommodeer moet word in ooreenstemming met reël 23 van die verklaring van voorneme.”

Altesaam 11 politieke partye het die verklaring van voorneme onderteken om by die GNU aan te sluit.

Die ANC het die stigting van die GNU vir die 7de administrasie aangekondig nadat hy vir die eerste keer in 30 jaar nie 'n meerderheid in die 29 Mei-verkiesing kon kry nie.

OFM Nuus cg



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.