On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

South Africa

Slegs 66 uit 178 munisipaliteite mag 1 Julie kragpryse verhoog

───   08:00 Sun, 30 Jun 2024

Slegs 66 uit 178 munisipaliteite mag 1 Julie kragpryse verhoog | News Article
Foto: moneyweb

“Munisipaliteite se aansoeke om verhogings vir die 2024/25-boekjaar kan wel deur Nersa heroorweeg word mits die nodige kostestudies binne 60 dae ingedien word.”

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag (28/6) beslis slegs 66 munisipaliteite, wat kostestudies gedoen en ingedien het, mag Maandag kragtariewe verhoog.

Moneyweb berig dit volg ná die aankondiging deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) wat lui dat hy die tariefaansoeke vir 178 munisipale kragverspreiders goedgekeur het.

Die bevel kom nadat die burgerregte-organisasie Afriforum, Nersa se metode uitgedaag het wat gebruik is tydens die oorweging van die tariefaansoeke. ’n Hofbevel in 2022 het die riglyn en metode wat Nersa gebruik het om munisipale tariewe goed te keur tersyde gestel. 

Die hof het Nersa ’n jaar gegee om na ’n ander metode oor te skakel en uitdruklik verbied om weer die onwettige metode te gebruik in die bepaling van die tariewe vir 2024/25. 

Volgens wetgewing (Elektrisiteitsreguleringswet 4 van 2006) mag kragverspreiders hul doeltreffende koste plus ’n redelike marge verhaal. Dit het egter van munisipaliteite vereis om kostestudies te doen om hul tariefaansoeke vir die 2024/25-boekjaar in te dien, maar net 66 het dit gedoen. 

Só ’n studie kan ’n jaar neem om te voltooi, insluitend die tenderproses om diensverskaffers aan te stel, die studie self en die konsultasieproses voordat dit deur die raad goedgekeur word.

Die hofbevel het Vrydag ’n lys van munisipale kragverspreiders verskaf wat wel ’n koste-van-voorsieningstudieverslag by Nersa ingedien het.

Dit beteken slegs hierdie munisipaliteite mag hul elektrisiteitspryse op Maandag 1 Julie 2024 verhoog. Hier is MyBroadband se lys van hierdie munisipaliteite:

1. Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit.
2. eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit.
3. Swartland Plaaslike Munisipaliteit.
4. Overstrand Plaaslike Munisipaliteit.
5. Drankenstein Plaaslike Munisipaliteit.
6. Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit.
7. Saldhanabaai Plaaslike Munisipaliteit.
8. Sakhisizwe Plaaslike Munisipaliteit
9. George Plaaslike Munisipaliteit.
10. Langeberg Plaaslike Munisipaliteit.
11. Hessequa Plaaslike Munisipaliteit,
12. Stad uMhlathuze Plaaslike Munisipaliteit.
13. Newcastle Plaaslike Munisipaliteit.
14. Midvaal Plaaslike Munisipaliteit.
15. Dr Beyers Naude Plaaslike Munisipaliteit.
16. Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit.
17. Nkentoana Plaaslike Munisipaliteit...
18. Tswaing Plaaslike Munisipaliteit.
19. Khai Ma Plaaslike Munisipaliteit.
20. Mohokare Plaaslike Munisipaliteit.
21. Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit.

22. Umsobombu Plaaslike Munisipaliteit.
23. Letsemeng Plaaslike Munisipaliteit.
24. Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit.
25. Naledi Plaaslike Munisipaliteit.
26. Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit.
27. Senqu Plaaslike Munisipaliteit.
28. Makana Plaaslike Munisipaliteit.
29. Knysna Plaaslike Munisipaliteit.
30. Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit.
31. Stad Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit.
32. Kaap Agulhas Plaaslike Munisipaliteit.
33. Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit.
34. Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit.
35. Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit.
36. Sondagsrivier Plaaslike Munisipaliteit.
37. Musina Plaaslike Munisipaliteit.
38. Cederberg Plaaslike Munisipaliteit.
39. Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit.
40. Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit.
41. Cederberg Plaaslike Munisipaliteit.
42. Ephraim Mogale Plaaslike Munisipaliteit.
43. Thaba Cheu Plaaslike Munisipaliteit.
44. Breedevallei Plaaslike Munisipaliteit.
45. Setsoto Plaaslike Munisipaliteit.
46. Theewaterskloof Plaaslike Munisipaliteit.
47. Breedevallei Munisipaliteit.
48. Swellendam Plaaslike Munisipaliteit.
49. Stad Matlosana Plaaslike Munisipaliteit.
50. Moghana Plaaslike Munisipaliteit.
51. Laingsburg Plaaslike Munisipaliteit.
52. Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit.
53. Twelopele Plaaslike Munisipaliteit.
54. Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit.
55. Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit.
56. KwaDukuza Plaaslike Munisipaliteit.
57. Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit

58. Bela Bela Plaaslike Munisipaliteit.
59. Mokgalakwena Plaaslike Munisipaliteit.
60. Ndhlambe Plaaslike Munisipaliteit.
61. Thembelihle Plaaslike Munisipaliteit.
62. JB Marks Plaaslike Munisipaliteit.
63. Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit.
64. City Power Johannesburg.
65. Centlec (Soc) Bpk
66. Nelson Mandelabaai-munisipaliteit.

Volgens die burgerregtegroep AfriForum het die hof Vrydag beslis Nersa se besluit om munisipaliteite se aansoeke om kragtariefverhogings sonder die vereiste kostestudies te oorweeg, onregmatig én ongeldig is. 

As sodanig het die hof beveel dat munisipaliteite wie se kostestudies ontbreek, sal moet voortgaan om kragtariewe te hef gebaseer op die bestaande tariewe wat vir die 2023/2024-boekjaar goedgekeur is. 

Munisipaliteite se aansoeke om verhogings vir die 2024/25-boekjaar kan wel deur Nersa heroorweeg word mits die nodige kostestudies binne 60 dae van vandag ingedien word.

‘Stryd teen kragtariewe eindig egter nie met hierdie bevel nie’

AfriForum het vroeër vandeesmaand ’n dringende aansoek by die hof ingedien om te verhoed dat Nersa met die oorwegings voortgaan, aangesien ’n hooggeregshofbevel van Oktober 2022 vereis dat ’n kostestudie as deel van munisipaliteite se aansoeke om tariefverhogings ingedien moet word.

Volgens Morné Mostert, bestuurder van plaaslikeregeringsake by AfriForum, is die gebruik van ’n kostestudie vir tariefverhogings van kritieke belang omdat dit ’n duidelike uiteensetting gee van wat munisipaliteite se tariewe moet wees om die diens behoorlik te kan lewer en netwerke in stand te hou. 

Die stryd teen onbillike kragtariefverhogings eindig egter nie met hierdie bevel nie. Dit is nou gemeenskappe, besighede en burgerlike instellings se verantwoordelikheid om die inhoud van hul munisipaliteite se kostestudies te oorweeg om te verseker dat munisipaliteite nie ’n rat voor verbruikers se oë draai nie, sê Mostert.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.