On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

South Africa

Bokke sing, dans ondanks vlugvertraging – VIDEO’S

───   10:09 Tue, 25 Jun 2024

Bokke sing, dans ondanks vlugvertraging – VIDEO’S | News Article
Die Springbokke op Heathrow-lughawe. Foto: Shanthini Naidoo/X

“Die Springbokke het tydens die vertraging die beste van ’n slegte situasie gemaak en laatnag begin sing en dans.”

Die Springbokrugbyspan se terugkeer huis toe is Sondag (23/6) weens swak sigbaarheid op Londen se Heathrow-lughawe vertraag. Talle vlugte is uitgestel.

SA Rugby het gesê die seëvierende Bokke moes nog ’n nag in Londen deurbring en het Maandagmiddag ’n vlug gehaal wat Dinsdag in die vroeë oggendure in Suid-Afrika sou aankom.

“Die span – wat Saterdag die seisoen met ’n sege van 41-13 op Twickenham teen Wallis afgeskop het – sou Sondagaand na Suid-Afrika terugvlieg om met voorbereidings vir die Castle Lager Incoming-reeks te begin. SA Rugby het gesê weens die vertraging sou die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, eers Dinsdag sy groep vir die Castle Lager Incoming-reeks bekend maak.


Dit het egter gelyk of die Springbokke tydens die vertraging die beste van ’n slegte situasie gemaak het en laatnag begin sing en dans het. ’n Suid-Afrikaanse gesin wat ook op Heathrow vasgevang was, het die vreugdevolle oomblikke vasgevang.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.