On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

South Africa

3 vermeende stropers in Krugerwildtuin doodgeskiet

───   10:58 Thu, 20 Jun 2024

3 vermeende stropers in Krugerwildtuin doodgeskiet | News Article
Aanvalle op die oostelike grens van die Krugerwildtuin is steeds meedoënloos. Foto: Sanparke

“Die twee voorvalle in die Krugerwildtuin binne vier dae wys net onder watter gevaarlike toestande veldwagters werk.”

Drie vermeende stropers is in afsonderlike skietgevegte met veldwagters in die Krugerwildtuin dood.

Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (Sanparke) sê die jongste voorval het laat Dinsdagaand (18/6) plaasgevind toe veldwagters ’n gewapende groep teëkom. Veldwagters het beslag gelê op ’n swaarkaliberjaggeweer, ammunisie en stroperytoerusting, sê JP Louw, Sanparke-woordvoerder.

Hy sê veldwagters was verlede Vrydag ook in ’n skietgeveg met vermeende stropers betrokke. Een verdagte is in dié voorval noodlottig gewond. “Die twee voorvalle in die Krugerwildtuin binne ’n tydperk van vier dae is ’n voorbeeld van die gevaarlike toestande waaronder veldwagters werk.” 

Hy sê dit illustreer ook die dreigemente van swaargewapende, vermeende stropers wat hulle die hoof moet bied. “Aanvalle op die oosgrens is steeds meedoënloos en die teenstropery-eenhede verkeer onder groot druk.

“Sanparke ondersoek ook talle ingrypings wat gemeenskapsmobilisering en ondersteuning insluit om weerstand te bied teen die voortdurende stroperydreigemente,” sê Louw.

Die polisie ondersoek albei sake.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.