On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Ramaphosa herdenk Menseregtedag in Sharpeville

───   08:51 Thu, 21 Mar 2024

Ramaphosa herdenk Menseregtedag in Sharpeville | News Article
President Cyril Ramaphosa tydens ’n vorige herdenking van die Sharpeville-slagting. Foto: X

“Die nasionale geleentheid val saam met die 30ste herdenking van vryheid en demokrasie.”

Op Donderdag 21 Maart sal president Cyril Ramaphosa die hoofrede lewer by die nasionale herdenking van Menseregtedag. Warren Hawkins van Bloemfontein Courant berig dit sal in Sharpeville plaasvind en begin met ’n kransleggingseremonie om 10:00 by die gedenkterrein, gevolg deur die president se hoofrede.

“Voordat hy die nasionale geleentheid toespreek, sal die president, saam met bedroefde families van gevalle slagoffers, begin met 'n kranslegging by die Sharpeville-gedenkteken ter ere van die gesneuwelde slagoffers van die Sharpeville-slagting,” het die presidensie in ’n verklaring gesê.

Die nasionale geleentheid val saam met die 30ste herdenking van vryheid en demokrasie, en sal onder die tema ’Drie dekades van die handhawing en voorspraak van menseregte” gehou word.

Gedurende Maart val die fokus daarop om te besin oor die nasie se vordering in die bevordering van respek vir fundamentele menseregte en die herinstelling van menswaardigheid, in ooreenstemming met die beginsels wat in die Handves van Menseregte uiteengesit word. Dit is ook die herdenking van die Sharpeville-slagting van 1960.

“Die herdenkings in Sharpeville simboliseer die regering se verbintenis om die opofferings te eer wat gemaak is deur diegene wat geveg en gesterf het in Sharpeville vir ons vryheid, asook dié van ander gemeenskappe regoor Suid-Afrika,” het die Presidensie gesê.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.