On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

South Africa

Geen begroting benadeel mediese gegradueerdes – Phaahla

───   14:35 Tue, 06 Feb 2024

Geen begroting benadeel mediese gegradueerdes – Phaahla | News Article
Joe Phaahla, Minister van Gesondheid. Foto: GCIS

“Ek wil uit die staanspoor sê dat dit die regering, en veral die Departement van Gesondheid, se wens is om soveel as moontlik gesondheidswerkers in diens te neem.”

Joe Phaahla, minister van gesondheid, sê die departement kan nie elke onlangs gekwalifiseerde gesondheidswerker in die openbare sektor in diens neem nie.

Phaahla het die media Maandagoggend ingelig te midde van toenemende kommer oor die aantal mediese gegradueerdes wat nie werk kan kry nie. Dit is ondanks  personeeltekorte by openbare gesondheidsfasiliteite.

Hy sê die departement is ook deur die staat se begrotingsbesnoeiings geraak.

“Ek wil uit die staanspoor sê dat dit die regering, en veral die Departement van Gesondheid, se wens is om soveel as moontlik gesondheidswerkers in diens te neem om 'n betekenisvolle rol in die openbare gesondheidstelsel van die land te speel. Dit sluit mediese dokters in, hetsy onlangs gekwalifiseerd of diegene wat ondervinding oor 'n tydperk opgedoen het.”

Phaahla sê onlangs gekwalifiseerde dokters benodig steeds die ondersteuning van diegene wat baie praktiese ervaring opgedoen het. Foto: Pexels

“Die tweede punt om te beklemtoon is dat gesondheidsorgdiens in gesondheidsfasiliteite gelewer word deur 'n span gesondheidswerkers, en mediese dokters is 'n integrale deel van hierdie spanne. Die kwessie van dokters wat in die staatsdiens wil aanbly, is vir ons as departement van groot belang. Daarom doen ons alles moontlik en werk saam met die provinsiale gesondheidsdepartemente om hulpbronne te mobiliseer om vakante poste te finansier, veral in gesondheidsfasiliteite in onderbediende gemeenskappe,” sê Phaahla.

Die nasionale tesourie ken befondsing toe vir internskappe en gemeenskapsdiens deur middel van 'n voorwaardelike toelae vir opleiding.

‘Onafhanklike praktisyns het ’n keuse van waarheen om te gaan’

"Anders as internskap en gemeenskapsdiens, wat 'n statutêre vereiste is en onderhewig is aan plasing deur die Departement van Gesondheid, het onafhanklike praktisyns 'n individuele keuse van waarheen om te gaan. Ons kan nie weet hoeveel wil bly in die staatsdiens totdat dit deur die mediese verenigings en vakbonde saamgestel is nie.”

Hy sê daar is wel ’n geleidelike toename in die indiensneming van gesondheidswerkers in die openbare gesondheidsektor. 

OFM Nuus cg/dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.