On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

South Africa

Renostergetalle in Afrika styg eerste keer sedert 2012

───   11:23 Sun, 24 Sep 2023

Renostergetalle in Afrika styg eerste keer sedert 2012 | News Article

“Met hierdie goeie nuus kan ons vir die eerste keer in ’n dekade ’n sug van verligting slaak.”

Renostergetalle het verlede jaar regoor Afrika toegeneem, het bewaringsbewustes Donderdag gesê en die eerste brokkie "goeie nuus" in 'n dekade gehuldig vir 'n dier wat deur stropery bedreig word.

Voor Wêreldrenosterdag op 22 September 2023 het Afrika-owerhede beraam dat daar aan die einde van 2022, 23 290 renosters regoor die vasteland was, 5,2% meer as in 2021.

Byna 23 300 renosters het aan die einde van verlede jaar op die vasteland rondgedwaal, 5,2% meer as in 2021, volgens die Internasionale Unie vir Natuurbewaring (IUCN).


“Met hierdie goeie nuus kan ons vir die eerste keer in ’n dekade ’n sug van verligting slaak,” sê Michael Knight, ’n wildlewe-ekoloog wat voorsitter is van die IUCN se African Rhino Specialist Group.

Die IUCN het renosterskattings van verskeie nasies gekombineer om die kontinentale telling te produseer en het gesê “ ’n kombinasie van beskerming en biologiese bestuursinisiatiewe” het daartoe gelei dat die aantal swartrenosters met 4,2% tot 6 487 toegeneem het.

Witrenosters het met 5,6 persent gestyg tot 16 803 – die eerste toename sedert 2012, het IUCN gesê. “Dit is noodsaaklik om hierdie positiewe nuus verder te konsolideer, daarop voort te bou en nie slap te lê nie,” het Knight gesê.


Renosters is uitgeroei deur dekades se stropery, gedryf deur aanvraag uit Asië, waar horings in tradisionele medisyne gebruik word vir hul veronderstelde terapeutiese effekte.

Meer as 550 renosters is in 2022 deur stropers regoor die vasteland doodgemaak, meestal in Suid-Afrika, volgens die IUCN.

Suid-Afrika is die tuiste van byna 80 persent van die wêreld se renosters. Stropers het al hoe meer reservate in private besit geteiken in hul jag op horings, wat baie gesog is op die swartmark waar die prys per gewig met dié van goud en kokaïen meeding, teen ’n geraamde $60 000 per kilogram.


Bloemfontein Courant berig die Emoya-landgoed buite Bloemfontein het ’n bewusmakingsveldtog begin om fondse in te samel vir hul twee lieflike inwoners, Shaka en Shakira. As dit by die bewaring van renosters kom, weet die landgoed wat werk, maar om die fondse in te samel wat hulle nodig het, is geen maklike taak nie. Emoya se plaas- en wildbestuurder, Jenny van der Wath, sê sy dink nie mense besef hoe ontsagwekkend dit is om renosters in Bloemfontein te hê nie.

“Ons gaan dorp toe!”:


“Jy sien eers hoe wonderlik dit is as jy nader kom. Hierdie dier is so onskuldig, sensitief en saggeaard en hulle word doodgemaak vir iets wat absoluut niks beteken nie,” sê sy. Sy voeg by dat Shaka en Shakira sedert 2009 by Emoya is en hulle weeg twee ton elk “Hulle eet 45 tot 80 kilogram voer per dag en dit kos baie geld,” sê Van der Wath.

Wêreldrenosterdag word elke jaar op 22 September gevier om bewusmaking oor die vyf renosterspesies te kweek.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.