On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

South Africa

Waarskuwing: Luiperd op vrye voet by Roodeplaat-reservaat

───   10:45 Sat, 26 Aug 2023

Waarskuwing: Luiperd op vrye voet by Roodeplaat-reservaat | News Article
Besoekers moet waaksaam wees wanneer hulle die reservaat besoek. Foto: Wildlife SOS

Die luiperd, wat sedert Dinsdag in dié omgewing gewaar is, het reeds ’n sebra op 'n wildplaas aangeval.

Die Gautengse Departement van Omgewingsake het bevestig 'n luiperd loop rond in die omgewing van die Roodeplaat-natuurreservaat en om die Roodeplaatdam, noord van Pretoria.

Die luiperd, wat sedert Dinsdag in dié omgewing gewaar is, het reeds ’n sebra op 'n plaaslike wildplaas aangeval, maar die departement weet nog nie wie die dier se eienaar is of waar hy vandaan kom nie.

Mpumelelo Mnci, die departement se biodiversiteitsbeampte, doen 'n beroep op besoekers om waaksaam te wees wanneer hulle die reservaat besoek.

‘Luiperds is gevaarlike diere’

“Die bewaringsreservaat se bestuursbeamptes en bure is op die uitkyk vir die luiperd en indien dit opgemerk sou word, sal die reservaat die dienste van 'n veearts inroep om die dier te verdoof en na ’n veilige vesting of ander geïdentifiseerde, geskikte beskermde gebied te verskuif.

“Luiperds is die aktiefste gedurende die nag, maar kan soms gedurende die dag opgemerk word. Luiperds is gevaarlike diere en daarom word lede van die gemeenskap wat die Roodeplaatdam-natuurreservaat besoek, aangeraai om versigtig te wees.”

Vroeër hierdie maand het 'n leeu 'n man in die Dinokeng-wildreservaat om die lewe gebring.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.