On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Gerhard Ackerman skuldig bevind

───   12:50 Mon, 24 Apr 2023

Gerhard Ackerman skuldig bevind | News Article
FOTO: Chriselda Lewis

Gerhard Ackerman, wat tereggestaan het op 740 aanklagte vir sy rol in kinderverkragting, is in die Hooggeregshof in Johannesburg skuldig bevind aan verkragting en die besit van kinderpornografie.

Hy is aangekla saam met adv. Paul Kennedy, ’n voormalige waarnemende regter, wat in Februarie 2022 ná sy inhegtenisneming sy eie lewe geneem het.

Regter Ismail Mohamed sê hy verwerp die beskuldigde se weergawe dat twee van die seuns ingestem het tot seks met hom en Ackerman aan verkragting skuldig bevind.

Mohamed beweer dat Ackerman kwesbare seuns op Facebook en ander sosialemediaplatforms genader het, hulle voorberei het om seksuele dade met betalende kliënte uit te voer en voordeel getrek het uit die transaksies.

Hy sê Ackerman het seuns onwettig aangemoedig om ook seksuele dade op Kennedy uit te voer – wetende dat hy MIV-positief is.

Een van die slagoffers was toe 14 jaar oud. Meer as 1 000 pornografiese foto’s en video's is op Ackerman se skootrekenaar en meer as 600 foto’s op sy selfoon gekry. Dit sluit in foto's van kleuters wat verkrag word en seksuele dade op volwassenes uitvoer.

Hy is skuldig bevind aan die besit van kinderpornografie, sowel as die maak en vertoon van kinderpornografie. Mohamed sê Ackerman het die kwesbare seuns gebruik vir geldelike gewin.

Die saak is tot 18 Julie uitgestel sodat ’n sielkundige verslag opgestel kan word.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.