On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

Rentekoers weer hersien

───   11:38 Thu, 24 Nov 2022

Rentekoers weer hersien | News Article

Die Black Friday-aanbiedings mag dalk aanloklik wees, maar knyp eers jou beursie toe - die rentekoers word weer Donderdag 24 November 2022 hersien.

Die Reserwebank het 'n sterker argument om koerse met 'n volle persentasiepunt op te stoot nadat inflasie onverwags opgetel het. Algehele inflasie het tot 7,6% gestyg vanaf 7,5% die vorige maand.

Die syfer het die meeste ekonome verras wat voorspel het dat inflasie sou afneem.

Hoër inflasie ondersteun die Reserwebank se saak om rentekoerse te verhoog.

Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vergader vandag vir die laaste keer vanjaar om te besluit wat die land se finale rentekoersverhoging vir die jaar gaan wees. Die bank het herhaaldelik gewaarsku dat hy rentekoerse sal gebruik as 'n instrument om prysstygings hok te slaan.

Die aankondiging word Donderdagmiddag 24 November verwag. Sommige ekonome voorspel 'n verhoging van 100 basispunte. Dié opwaartse siklus het begin met 'n verhoging van 25 basispunte 'n jaar gelede, wat die repokoers tot 4,75% geneem het. Teen September 2022 is dit na 6,25% verhoog.

eNCA

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.