South Africa
Bekende Afrikaanse sanger Theuns Jordaan sterf─── 15:21 Wed, 17 Nov 2021
Hy is Woensdagoggend in die ouderdom van 50 jaar oorlede. Die bekende Afrikaanse sanger Theuns Jordaan het sy stryd teen kanker verloor.
Jordaan het in Maart 'n beenmurgoorplanting gekry nadat hy verlede jaar met leukemia gediagnoseer is. Hy is Woensdagoggend in die ouderdom van 50 jaar oorlede.
Theuns het in 2001 sy debuut album vrygestel - getitled ‘Vreemde Stad’.
Hy het verskeie toekennings ingepalm - en is veral bekend vir sy treffers insluitend ‘Soos bloed’ en ‘Jou Asem’.
Theuns my ou vriend, ekt baie by jou geleer. Meeste van my skryf werk is gebaseer op wat jy my geleer het. RUS IN VREDE.. Sien jou eendag weer.
— Armand Hofmeyr (@ArmandHofmeyr) November 17, 2021
Ook sterkte aan die persoon wat die naaste aan hom was @jacquesdupless.. Die is harts verskeurende. pic.twitter.com/rS1ltUBCg8
Rus in vrede, Theuns Jordaan. Dankie vir jou bydrae tot Afrikaanse musiek. Jou stem mag dalk nou vir ewig stil wees, maar ons sal vir altyd ’n stukkie van jou musiek in ons hart saamdra. Ons eer jou nalatenskap.#Afrikaans pic.twitter.com/7IXVBKOgu0
— ATKV (@ATKVSA) November 17, 2021
Jacaranda News