Rugby
Kaartjie-verkope styg, vir #BloemBokke─── MARK STEENBOK 13:08 Wed, 13 Jun 2018
Rugby kaartjies vir Saterdag se tweede toetswedstryd tussen die Springbokke en Engeland in Bloemfontein het aansienlik na die afgelope naweek begin optel.
Dit is volgens die bestuurder vir strategiese kommunikasie by die Vrystaat-Cheetahs, Ronel Pienaar, nadat die manne in Groen en Goud die afgelope Saterdag met die Engelse op Ellis Park afgereken het.
Pienaar het bevestig dat op hede, reeds meer as 37 000 kaartjies vir die jeugdag toets verkoop is. Die Toyota-stadion kan ongeveer 40 000 toeskouers vir hierdie wedstryd huisvês.
Intussen is die gees reeds besig om onder aanhangers voor Saterdag se groot stryd op te tel.
OFM News