On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Rugby

VS, Griekwas loop voor ná eerste rondte

───   MORGAN PIEK 09:07 Mon, 11 Apr 2016

VS, Griekwas loop voor ná eerste rondte | News Article
Oupa Mohoje - Dirk Kotze / Gallo

Die Toyota Vrystaat XV en die Griekwas lê gesamentlik boaan die punteleer ná die eerste rondte van die Provinsiale Beker, oftewel die Curriebeker se kwalifiseerders.

Die Poubloues het verlede week in die openingswedstryd van die toernooi die Griffons met 34-14 geklop.

Die Vrystaat het op hul beurt die Welwitchias van Namibië in die Toyota-stadion in Bloemfontein met 32-17 getroef.

Heelagter, Reinhardt Erwee, het die doellyn twee keer vir die Vrystaat oorgesteek, terwyl die kaptein, Reniel Hugo, die Springbok, Oupa Mohoje, asook Joseph Dweba en Elandré Huggett ook drieë gedruk het.

Malcom Moore en Johan Tromp het die Biltongboere se enigste drieë aangeteken.

Vrystaat-breier, MJ Smith, het aan OFM-sport gesê hy is baie tevrede met sy span se vertoning, maar daar lê egter baie werk voor, voordat hulle dié naweek teen die Blou Bulle speel.

Saterdag se wedstryd op Loftus Versveld skop om 14:15 af, terwyl die Griffons en Luiperds om 15:00in Welkom kragte meet.

Die Griekwas pak die Valke in Kempton Park, met afskoptyd ook 15:00.

Intussen word daar verwag dat die toernooi se naam amptelik na die Provisiale Beker sal verander. 

Volgense die bepalings op SA Rugby se amptelike webwerf staan die toernooi reeds as die Provinsiale Beker bekend, maar daar was nog geen aankondiging daaroor deur Saru nie.

Daar word ook verwag dat Saru dié toernooi se hoofborg gaan bekend stel nadat Absa verlede jaar onttrek het.

Môreoggend word die nuwe Springbok-breier in Johannesburg aangekonding en die voormalige Stormers-afrigter, Allister Coetzee, is die voorloper vir die pos.

Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.