On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Rugby

Mould en Carson nuwe president en adjunk-president van Vrystaat Rugbyunie

───   20:34 Tue, 29 Nov 2011

Mould en Carson nuwe president en adjunk-president van Vrystaat Rugbyunie | News Article

Owen Kock

Bloemfontein. - Lindsay Mould is pas gekies as nuwe president van die Vrystaatse Rugbyunie, tydens 'n spesiale jaarvergadering van die Vrystaatse Rugbyunie, by die Vrystaat Stadion hier in die Rosestad.

Hy volg Harold Verter op wat na 18 jaar uit die pos getree het, en het Marius van Rensburg en Louw Niewoudt om die pos as president uitgestof, met 'n telling van 29-21.

Cedric Carson het op sy beurt geskiedenis gemaak toe hy die eerste persoon van kleur geword het om tot die posisie van adjunk-president verkies te word. Hy volg Bert Sorour op wat ook uitgetree het. Hy het ver gewen en die sprake dat Barry Wolmarans as adjunk gekies sou word, het toe niks van gekom. Ook Albert Mocke het nie die paal gehaal nie.

Mould en Carson was dit eens dat die stand van klubrugby ind ie provinsie een van hul grootste, indien nie hul grootste uitdaging sal wees nie.

Mould is vir 'n termyn van drie jaar, en Carson vir 'n termyn van twee jaar gekies. Mould is tans ook die voorsitter van SA Skole Rugby, en sal binnekort afstand van die posisie moet doen. Hy is ook die skoolhoof van Grey-Kollege Laerskool in die Rosestad.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.