Pieter's Place
Your Weekend Breakfast Resep - Kondensmelk Melkkos─── 07:16 Sun, 02 Jun 2019

Wie het nou al ooit gesê dat jy nie soet melkkos vir ontbyt mag eet nie!? *kliek hier*
1 blik kondensmelk
2 koppies water
1 liter melk
1 koppie koekmeel
125 ml botter
Bietjie sout
Meng die kondensmelk, water en melk saam in ‘n kastrol.
Jy kan suiker byvoeg as dit nie soet genoeg is nie.
Vryf die botter in die koekmeel in, sodat dit soos krummels lyk.
Voeg die sout by.
Wanneer die melk mengsel warm is, word die meelmengsel bygevoeg, en geroer totdat alles saam kook en dik geword het.
Bedien warm met kaneelsuiker.
Bron: Resepte.net