On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Hoe om ’n gebroke hart heel te kry

───   15:13 Thu, 20 Jun 2024

Weird Wide Web – Hoe om ’n gebroke hart heel te kry | News Article

Nuwe navorsing het aan die lig gebring hoe ’n toestel die trauma en ellende van ’n romantiese teleurstelling kan verlig.

’n “Koptelefoon” ter waarde van £400 (R10 000) verlig volgens navorsing ná net ’n paar minute se dra elke dag die trauma en ellende van ’n verhouding wat op die rotse geloop het.

Vir die studie het 36 vrywilligers met liefdestraumasindroom die toestel gedra, wat die brein glo met 'n ligte elektriese stroom stimuleer.

Die deelnemers is in drie groepe verdeel – een groep met die stroom gerig op die dorsolaterale prefrontale korteks (DLPFC); een groep waarvan die ventrolaterale prefrontale korteks (VLPFC) geteiken is; en die derde groep vrywilligers se toestelle was afgeskakel.

Beide areas van die brein wat geteiken word, is betrokke by emosieregulering en vorige neurobeeldingstudies dui daarop dat daar ’n neuropsigologiese verband tussen emosies ná ’n verbreekte verhouding en sterftes is, ook dat spesifieke areas in die brein daardeur geraak word.

Die studie, gepubliseer in die Journal of Psychiatric Research, bepaal: “As die verband tussen liefdestrauma en emosionele regulering in ag geneem word – wat geassosieer word met die aktivering van spesifieke breinareas en -netwerke – kan behandelingsmetodes wat die betrokke breinareas behandel, belowend wees.”

Lees meer cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.