On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Kan paddas beter as Taylor Swift sing?

───   15:23 Thu, 01 Dec 2022

Weird Wide Web: Kan paddas beter as Taylor Swift sing? | News Article

Die Australiese padda-album, Songs of Disappearance, bevat die klanke van meer as 43 verskillende paddaspesies. Die album is saamgestel om mense bewus te maak van die land se dalende paddabevolking.

Volgens Sky News, hoop die vervaardigers van ’n album met paddaklanke om "Taylor Swift verby te gaan" en die eerste plek op die Australian Recording Industry Association (Aria) se trefferlys in te neem. 

Een van die wetenskaplikes wat die album help saamstel het, dr Jodi Rowley, sê "ons sal dié klanke waarskynlik nie weer in die natuur hoor nie". Die paddabevolking in Australië het sedert die 1980's skerp gedaal.

Die album bevat 43 van die mees bedreigde paddas se klanke en die navorsers betrokke by die projek skerts dat dit dalk net Taylor Swift se nommer een-plek in die Aria Top 50-liedjies kan oorneem.

"Ek hoop die paddas kan dit doen. Dit is 'n ongelooflike album vir 'n baie goeie doel en ons het 'n tot dusver baie goeie reaksie gehad. So, ek hou duim vas!" 

"Ons moet soveel as moontlik voorafbestellings kry om daardie ouens van die trefferlyste af te kry," sê sy in 'n onderhoud met ABC Australia Radio Canberra.


"Ek hoop regtig dat hierdie paddaklanke, veral van bedreigde spesies, die vonk in mense sal aansteek om seker te maak dat toekomstige geslagte dit kan hoor." 

The Australian Frog Sounds: Songs Of Disappearance is saamgestel uit 50 minute van paddaklanke wat deur bioloë en die publiek voorgelê is. Die winste van die album sal aan The National FrogID-projek gaan. 

Miskien het Paul McCartney iets beet gehad met sy treffer "We All Stand Together"?

Lees meer hier.





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.