On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landboumasjinerie-verkope daal in Oktober, boere wag op reën

───   09:35 Thu, 07 Nov 2024

Landboumasjinerie-verkope daal in Oktober, boere wag op reën | News Article
Foto: Getty Images

Met die landbougemeenskap wat hoopvol op reën wag, bly die fokus op die ontwikkeling van weerstoestande in die komende weke.

Trekkerverkope in Suid-Afrika het in Oktober ’n verdere afname getoon, met slegs 765 eenhede wat verkoop is. Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerievereniging (SAAMA) is dit ongeveer 26% minder as die 1 031 eenhede wat in dieselfde maand verlede jaar verkoop is. Tot dusver vir die jaar is trekkerverkope sowat 23% laer as verlede jaar se syfers.

Stroperverkope het ook afgeneem met slegs 28 eenhede wat in Oktober verkoop is – 11 minder as die 39 eenhede in Oktober 2023. Tot op hede is stroperverkope vir die jaar ongeveer 59% minder as verlede jaar se verkope.

Grafieka: SAAMA

Willie Human, voorsitter van SAAMA, sê hoewel die mark steeds ’n versigtig-optimistiese sentiment het, kyk baie boere na die lug in afwagting op reën om met aanplantings te begin. “Reënval is tot dusver baie kollerig en hoewel die La Niña-verskynsel neutraal bly, dui voorspellings daarop dat algemene reën teen die middel van November kan begin val, wat gunstig behoort te wees vir die somergewasseisoen.”

Die laer verkope van trekkers en stropers dui volgens Human op ’n terugkeer na meer “normale” vlakke. SAAMA voorsien dat trekkerverkope vir 2024 op sowat 6 500 eenhede kan eindig, terwyl stroperverkope naby aan 250 eenhede verwag word.

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.