On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Pannar Suksesverhaal: Betroubare mieliebasters wys hul bestendige staal

───   07:00 Mon, 21 Oct 2024

Sponsored07:00 Mon, 21 Oct 2024
Pannar Suksesverhaal:  Betroubare mieliebasters wys hul bestendige staal | News Article

Die sleutelwoord in enige landboupraktyk is bestendigheid. Die keuse van die regte teelmateriaal vir maksimum opbrengs behoort nie ’n intimiderende taak vir boere te wees nie.

OFM At Lunch se Pulane Nel-Sekepe gesels met WA de Klerk, besturende direkteur van WA de Klerk-boerdery op die plaas Driefontein.


Pannar Saad teel al vir 65 jaar toppresterende mielie-, sojaboon en sonneblomteelmateriaal vir plaaslike toestande. Pannar se kundiges verstaan die eise van boerdery goed.

Vir hierdie produsent van Middelburg in Mpumalanga bied Pannar se reeks mielie en sojaboonkultivars die bestendigheid en potensiaal om meer te bereik. Die pad van De Klerk met Pannar strek al oor meer as twee dekades.

“Ek plant al die afgelope 20 jaar gewasse uit Pannar se stal, maar reeds in my pa se tyd het ons Pannar se kultivars aangeplant. Dit is more as ’n besigheidsverhouding en een wat gebou is op wedersydse respek.”

Wanneer dit by Pannar se produkte kom, is bestendigheid die een woord wat die waarde van hierdie produkte onderstreep.

“In uiterste jare lewer hulle steeds hul deel, terwyl Pannar se produkte in minder veeleisende seisoene ook oor die potensiaal beskik om uit te skiet, veral op hoërpotensiaallande. ’n Bonus is dat die graangehalte baie mooi en saadpryse baie billik is.”

Die grondslag van ’n suksesvolle seisoen word reeds net ná strooptyd gelê. Dit is dan wanneer WA die grond 300 mm tot 350 mm diep losmaak en op lande waar sojabone verbou is, kalk strooi. Op mieliereste word ’n skottelploegbewerking gedoen en ’n vlak saadbedding berei voor die mielie- en sojaboonplanttyd begin. Bemesting word ook rofweg in Augustus op die beoogde mielie-aanplantings gedoen.

“Daarna plant ek mielies met taamlik baie kunsmis, maar bemes nie my sojabone nie. Ek dubbel-ent hulle wel.”

De Klerk volg ’n 50-50-wisselboupraktyk, waar mielies en sojabone afgewissel word. “Dit maak jou logistiek en bestuur baie eenvoudiger. Boonop kry jy elke tweede jaar daardie belangrike stikstofoordrag op jou mielies, en lande kan beter skoongehou word.”

Hy pas chemiese bekamping van onkruid toe en begin met sy spuitprogram voor planttyd, sodat die planters die produk in die grond inwerk.

“Op die mielie-gedeelte word daar dan weer ’n opvolgbespuiting op die vier- tot sesblaarstadium gedoen. Dit word weer later met ’n swambespuiting opgevolg. Dieselfde geld vir die sojaboonaanplantings, waar ons vier tot ses weke ná opkoms spuit en dan weer vier tot ses weke ná die eerste opvolgbespuiting.”

Vanjaar het hy Pannar se mieliebasters PAN 4R-511R en PAN 5R-563R aangeplant, en die sojaboonkultivar PAN 1521R.

“Dit is oorwegend droëlandgewasse, met sowat 5% onder spilpunt wat ek tussen mielies en sojaboonaanplantings wissel. Die plantdigthede word ook op aanbeveling van die saadmaatskappy gewissel met gemiddeld 48 000 plante tot 55 000 plante per hektaar.

“Ek plant egter ook variërende-mieliestande en dit wissel van 38 000 plante tot 62 000 plante per hektaar. Nuwe sojaboonsaad word teen 320 000 plante per hektaar geplant en saad wat ek terughou, teen 350 000 plante per hektaar. Dit is bestendige kultivars wat nog elke jaar meer as hul kant gebring het.”

Aan sojaboonkultivars ontbreek daar ook nie in Pannar se stal nie. Hier bied Pannar die nuwe PAN 1515R (5-groeiklas), saam met die PAN 1532R (5.3) in die vinnige groeiklas, PAN 1555R  (5.7) en PAN  1521R (5.7) wat goeie mediumgroeiklaskultivars is. PAN 1588R (5.9), aan die einde van die mediumgroeiklas, asook PAN 1644R (6.7), ’n laatgroeier, is goed aangepas vir gematigde produksiegebiede.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.