On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Laurika
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

RPO plaas klem op vernuwing

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Wed, 16 Oct 2024

RPO plaas klem op vernuwing | News Article
Die RPO staan voor die uitdaging om homself te herposisioneer. Foto: RPO/Facebook

Die RPO staan voor die uitdaging om homself te herposisioneer en te hernuwe, soos ander kommoditeitsorganisasies om boere te help om vooruit te beweeg.

Die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) se konferensie wat Donderdag (17/10) by Bothaville plaasvind, sal fokus op die vernuwing van die organisasie en die pad vorentoe vir rooivleisprodusente in Suid-Afrika.

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die RPO, verduidelik hierdie konferensie is ’n belangrike geleentheid om lede se insette te kry en die rigting vir die organisasie oor die volgende vyf tot tien jaar te bepaal. “Die RPO is deur boere gestig en word steeds deur boere bestuur. Ons doel is om oplossings te bied wat rooivleisprodusente in staat stel om suksesvol te boer.”

Die tema van die konferensie is: “Vir produsente, deur produsente.”


Die RPO staan voor die uitdaging om homself te herposisioneer en te hernuwe, soos ander kommoditeitsorganisasies soos Graan SA en die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie in die afgelope jare gedoen het. “Ons wil leer uit hul ervarings – wat vir hulle gewerk het en wat nie – sodat ons ons eie ‘rebranding’ of vernuwingstrategie kan ontwikkel.”

Hy beklemtoon vanjaar se konferensie is die beginpunt van hierdie vernuwing. “Ons wil graag ons lede se stemme hoor en hul insette gebruik om rigting te gee vir die kongres volgende jaar en die toekoms van die organisasie.”

Maré, wat in sy eerste jaar as uitvoerende hoof die konferensie aanbied, sê hy sien veral uit na die geleentheid om lede se steun en betrokkenheid te kry. “Hierdie konferensie is ’n belangrike wegspringblok. Ons hoop om deur hierdie proses van vernuwing die RPO sterker en meer relevant vir produsente te maak.”

OFM Agri/Robyn Schutte dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.