On Now
Weekends 19:00 - 20:00
Nuut in Afrikaans Nadine
NEXT: 20:00 - 22:00 Sunday Night with Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Vyfde produksieskatting toon effe hoër mielie-oes

───   21:21 Thu, 27 Jun 2024

Vyfde produksieskatting toon effe hoër mielie-oes | News Article
Foto: Getty Images

"Die produksieskatting vir witmielies staan nou op 6,348 miljoen ton wat effens hoër is as die vorige skatting van 6,343 miljoen ton."

Die jongste oppervlakte- en vyfde produksieskatting vir somergewasse vir 2024 is deur die Oesskattingskomitee bekend gemaak. Die kommersiële mielie-oes word nou op 13,405 miljoen ton geskat. Dit is ’n styging van 0,71% of 94 750 ton teenoor die vorige skatting van 13,310 miljoen ton. Die verwagte opbrengs van mielies is 5,08 ton per hektaar.

Die geskatte mielie-oes vir 2024 is egter 18,41% minder as die oes van 2023, wat ’n daling van 3,025 miljoen ton verteenwoordig. Die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes bly die grootste mielieproduserende gebiede en sal na verwagting 79% van die oes lewer.

Wit- en geelmielies

Die produksieskatting vir witmielies staan nou op 6,348 miljoen ton wat effens hoër is as die vorige skatting van 6,343 miljoen ton. Die geskatte oppervlakte vir witmielies is 1,555 miljoen hektaar met ’n verwagte opbrengs van 4,08 ton per hektaar.

Geelmielies se produksieskatting is op 7,057 miljoen ton gestel wat ’n styging van 1,30% of 90 400 ton is teenoor die vorige skatting. Die geskatte oppervlakte vir geelmielies is 1,082 miljoen hektaar met ’n opbrengs van 6,53 ton per hektaar.

Ander somergewasse

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad bly onveranderd op 649 250 ton. Die geskatte oppervlakte is 529 000 hektaar met ’n verwagte opbrengs van 1,23 ton per hektaar.

Sojabone: Die produksieskatting vir sojabone bly ook onveranderd op 1,779 miljoen ton. Die geskatte oppervlakte beplant is 1,151 miljoen hektaar met ’n opbrengs van 1,55 ton per hektaar.

Grondbone: Die verwagte grondbone-oes bly op 54 440 ton. Die geskatte oppervlakte is 41 200 hektaar met ’n opbrengs van 1,32 ton per hektaar.

Sorghum: Die produksieskatting vir sorghum bly op 95 830 ton. Die geskatte oppervlakte is 42 100 hektaar met ’n opbrengs van 2,28 ton per hektaar.

Droëbone: Die produksieskatting vir droëbone bly op 52 190 ton. Die geskatte oppervlakte is 39 550 hektaar met ’n opbrengs van 1,32 ton per hektaar.

In die nie-kommersiële landbousektor word die voorlopige oppervlakte beplant met mielies geskat op 347 000 hektaar. Dit is ’n daling van 3,24% in vergelyking met die vorige seisoen se 358 620 hektaar. Die verwagte mielie-oes in hierdie sektor is 575 000 ton wat 13,41% minder is as die 664 040 ton van die vorige seisoen. Ongeveer 46% van die mielies in die nie-kommersiële sektor word in die Oos-Kaap geplant, gevolg deur KwaZulu-Natal met 22%.

Die sesde produksieskatting vir somergewasse vir 2024, asook die voorlopige oppervlakteskatting vir wintergrane, sal op 26 Julie uitgereik word.

OFM Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.