On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

NAMPO: Nou kan jy by die Plaaskombuis aansit

───   07:00 Tue, 14 May 2024

NAMPO: Nou kan jy by die Plaaskombuis aansit | News Article
Christian Griesel, Syngenta-bemarkingsbestuurder, wys Syngenta se nuwe groente-variëteite, soos die Yoom-tamatie. Foto: OFM

Kos van die plaashek na jou vurk is op sy heilsaamste so naby as moontlik in sy natuurlike vorm.

Nog ’n nuutjie by vanjaar se NAMPO Oesdag is die Syngenta Landbou Boerekos Plaaskombuisrestaurant waar besoekers kan kom aansit en ’n maaltyd geniet.

“Kos word op die plaas geproduseer. Dit moet heilsaam wees, dit moet gesonde kos wees. Ons wil eintlik met hierdie konsep by NAMPO die roete wys van die plaas regdeur tot by die bord,” vertel Christian Griesel, Syngenta bemarkingsbestuurder.

Die redakteur van Landbou Boerekos, Arina du Plessis, sê daar is besluit op kos wat so na as moontlik aan die natuurlike produk is. “So alles word vars voorberei. Ons gebruik nie verwerkte bestanddele nie.”

’n Proesel van die verskeidenheid kosse is Maandag aan die media bedien. Foto: OFM

“Arina het vyf heerlike geregte saamgestel wat ’n bietjie anders is, ’n nuwe aanslag –bietjie fusion, maar ook nog steeds boerekos,” sê Griesel, wat byvoeg dat daar heerlike vleisdisse is wat ook geïntegreer is met van Syngenta se nuwe groente-variëteite, soos die Yoom-tamatie.

“Hy is so perserige kleur, met besonderse kenmerke en smaak uitstekend.”

Chris Burgess, Landbouweekblad-redakteur, en Arina du Plessis, Landbou se Boerekos-redakteur, wat die kos gemaak het. Foto: OFM

Die Plaaskombuisrestaurant is geleë naby hek 2, naby die vier-by-vier baan op NAMPO Park.

OFM Agri

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.