On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Hokaai met stertjies van bek-en-klou-geval

───   07:30 Wed, 08 May 2024

Hokaai met stertjies van bek-en-klou-geval | News Article
Foto: Getty Images

Daar bestaan tans kommer oor die onlangse geval van bek-en-klouseer wat in die Oos-Kaap aangemeld is.

Dr. Frikkie Maré, hoof uitvoerende beampte van die Rooivleis Produsente Organisasie verduidelik dat die regering nog nie ’n uitbreking aangekondig het nadat ’n positiewe geval van bek-en-klouseer in ’n melkkudde op ’n plaas by Humansdorp aangemeld is nie.

“Met hierdie positiewe geval het beriggewing onmiddellik vlamgevat van hoe grense of plase in ’n 50km-radius rondom hierdie plek gesluit word, tot waar jy nie meer kan jag in die Oos-Kaap nie. Daar is ’n klomp wanopvattings en voorstellings rondom hierdie ding gedoen.”

Maré verduidelik dat bek-en-klouseer ’n aanmeldbare siekte is. ”Geen privaat individu of instansie mag enigsins ’n verklaring uitreik dat daar ’n uitbreking was nie. Die regering het wel verklaar dat daar ’n positiewe geval is en dat die plekke rondom dit skoon getoets het.”

Hy noem dat daar in Februarie ook ’n geval in die Vrystaat was by Frankfort. “Daai keer was dit anders hanteer, soos dit moet hanteer word. Toetse moet eers gedoen word om te kyk hoe die spesifieke dier besmet is en of dit versprei het. Net die regering mag hierdie goed verkondig.”

Volgens die departement van landbou se bek-en-klouseer-verslag van 2 Mei 2024, is kliniese tekens van bek-en-klouseer op ’n plaas in Humansdorp opgespoor in die Oos-Kaap. Monsters is op 30 April 2024 geneem en na die Onderstepoort-laboratorium gestuur. Die PCR en serologie resultate was positief vir bek-en-klouseer, terwyl die SAT-tipering nog uitstaande is.

Kaart van bek-en-klouseer gevalle in Suid-Afrika. Grafieka: Landboudepartement

Die Oos-Kaapse provinsiale veeartsenydienste het die geaffekteerde plaas onder kwarantyn geplaas en ’n volledige epidemiologiese ondersoek het begin om die moontlike oorsprong en enige ander eiendomme wat in gevaar kan wees te bepaal. Onmiddellike bure en gekoppelde liggings is onder voorkomende kwarantyn geplaas, hangende die kliniese en serologiese ondersoek na hul bek-en-klouseer-status.

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.