On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

NAMPO ALFA: Bittersoet oomblik toe gr.12-leerder haar laaste jeugskou-kompetisie wen

───   ELSABÉ RICHARD 09:43 Fri, 13 Oct 2023

NAMPO ALFA: Bittersoet oomblik toe gr.12-leerder haar laaste jeugskou-kompetisie wen | News Article
Natacha Badenhorst van Merensky Akademie Hoërskool in Limpopo het NAMPO ALFA 2023 se Vleisbees Jeugskou gewen.

Vir Natacha was dit 'n bittersoet oomblik aangesien sy vanjaar in graad 12 is en hierdie skou haar laaste was. Maar sy stap wel met groot waardering en trots weg.

‘n Graad 12 leerder van Merensky Akademie Hoërskool in Limpopo het gister NAMPO ALFA se Vleisbees Jeugskou gewen. 

Natacha Badenhorst het met 'n breë glimlag en vol selfvertroue haar byna 700kg PinZ²yl-bul vertoon en ten alle tye seker gemaak dié bielie van 'n bees staan vierkantig op sy voete. 

Sy het koning gekraai uit 'n groep van 11 jeugdiges.

Vir Natacha was dit 'n bittersoet oomblik aangesien sy vanjaar in graad 12 is en hierdie skou haar laaste was. Maar sy stap met groot waardering en trots weg.

Corné Nel, BKB-beoordelaar, het haar as wenner gekies omdat sy, onder meer, beheer oor haar bees gehad het en hulle twee goed saamgewerk het.

Volgens hom gaan dit nie noodwendig oor hoe groot en mooi 'n dier is nie, maar hoe goed hy deur die kind hanteer en vertoon word.

Die elf NAMPO ALFA Vleisbees Jeugskou-deelnemers met hul diere.

Badenhorst moedig jongmense aan om deel te neem aan jeugskoue en herinner hulle om elke oomblik te geniet.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.