On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Besigtig Namakwaland se blommeprag vanaf middel Julie

───   ELSABÉ RICHARD 14:57 Wed, 28 Jun 2023

Landbounuus: Besigtig Namakwaland se blommeprag vanaf middel Julie  | News Article
FOTO: Verskaf.

Middel Julie tot einde Augustus is 'n goeie tyd om Namakwaland se blommeprag te besigtig.

SANParke-woordvoerder, Genevieve Maasdorp, sê goeie reen het van Meimaand af uitgesak oor die Richtersveld. Maasdorp sê talle maatreëls word getref om plantspesies te bewaar.

Die Vrystaat se Landbou-LUR sê meer kon gedoen gewees het tydens sy eerste 100 dae in die amp. Saki Mokoena het tydens 'n media-inligtingsessie oor ingrypings en waarnemings vandat hy die stuur oorgneem het, beklemtoon baie probleme moet nog aandag kry, maar dit kan nie oornag opgelos word nie.

Hewige donderstorms word vandag voorspel oor dele van die Vrystaat. Die SA Weerdiens waarsku storms oor Welkom, Ladybrand en Bloemhof kan lei tot skade aan formele én informele geboue. Moeilike rytoestande weens wind kan verwag word. Boere moet hulle regmaak vir moontlike ontwrigting in landbouproduksie en onderbrekings in kommunikasie en elektrisiteit.

Dit is moeilik om die randwaarde van die vloedskade in die Wes-Kaap te bepaal. Die Sitruskwekersvereniging se Gerrit van der Merwe sê wat dié oes betref, het die hele Citrusdal-gebied 10 tot 15% van sy oes verloor. Veral vroeë nawellemoene en clementines het deurgeloop. Van der Merwe sê die herboukoste sal ook aansienlik wees aangesien paaie ernstig beskadig is en ander plaasinfrastruktuur soos pomphuise op die rivier verwoes is.

EN

Agri-preneurskap moet onder die jeug bevorder word om meer voedsel te produseer en werkgeleenthede te skep. Die Instituut vir Landelike en Gemeenskapsontwikkeling se Keith Fransch sê egter sekere wanopvattings oor die landbousektor moet eers reggestel word onder jong mense.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.