On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbou-organisasies se verwagtinge vir die 2023 staatsrede

───   ELSABÉ RICHARD 08:12 Wed, 08 Feb 2023

Landbou-organisasies se verwagtinge vir die 2023 staatsrede | News Article
President Cyril Ramaphosa/polity.org.za

President Cyril Ramaphosa lewer môre die staatsrede en landbou-organisasies het hoë verwagtinge.

Beurtkrag en onteiening sonder vergoeding is twee kwessies wat na verwagting gedurende die staatsrede aandag sal geniet.

Agri SA het beklemtoon dat die regering en Eskom onmiddellik moet optree om die verlammende las van kragonderbrekings op boere te verlig.

LEES OOK: Beurtkrag noop besproeiingsprodusente om Eskom van risiko’s in te lig - KYK

Die organisasie sê sonder dringende optrede kan Suid-Afrikaners in die nabye toekoms mislukte oeste, hoër voedselpryse en tekorte van sekere produkte verwag. 

" ’n Ramptoestand [met betrekking tot beurtkrag] alleen sal nie hierdie bedreiging afweer nie. Wat nodig is, is geteikende verligting. 

"Beurtkrag het tussen Januarie en September 2022 meer as verdubbel in vergelyking met dieselfde tydperk in 2021. 

"As gevolg van hierdie katastrofe het die landbousektor meer as R23 miljard verloor
gedurende die nege maande onder oorsig. Hierdie verlies kan in 2023 oorskry word, wat die
volhoubaarheid van die sektor en die 800 000 werkgeleenthede wat dit bied, bedreig.

LEES OOK: ‘Nersa se tariefverhoging baie slegte nuus vir landbou’

"Gegewe die omvang van die bedreiging, het Agri SA ’n skrywe gerig aan die Nasionale
Rampbestuursentrum waarin die verreikende implikasies van beurtkrag vir graan, vee, pluimvee, vrugte, groente, suiker, eetbare olies ensomeer uiteengesit word. Hierdie bedrywe staan sentraal in die vermoë van Suid-Afrika om sy mense te voed," verduidelik die organisasie.

Volgens Agri SA is daar kritieke korttermynmaatreëls wat ingestel kan word om die impak van beurtkrag op voedselsekerheid te versag. 

Intussen sê die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, hulle verwag egter nóg beloftes tydens vanjaar se staatsrede. Hy deel dat "dieselfde beloftes en onpraktiese drome 'n staatsrede waardeloos maak; 'n tipiese Ramafantasie. 

"Die Poskantoor, Denel, SAL en Eskom was in 1994 nog funksioneel. 

"Dis juis die ANC se beleid en ‘rigtinggewende’ staatsredes wat hierdie instellings oor byna 30 jaar vernietig het.” 

Vrystaat Landbou (VL) se Gernie Botha sê hulle sal vanjaar se toespraak verwelkom indien daar wel daad by die woord gevoeg word.

Een van die punte gedurende Ramaphosa se staatsrede in 2022, was die belangrikheid van doeltreffende hawens en spoorweë.

Die president het genoem dat die landbousektor staat maak op doeltreffende en goed-bestuurde hawens om hul produkte na oorsese markte uit te voer. 

"Transnet sal binne die volgende paar maande vir voorstelle van private vennote vra vir die Durban- en Ngqura-houerterminale, wat dit moontlik sal maak om vennootskappe teen Oktober 2022 by albei terminale in plek te hê. 

"Transnet sal vanaf April 2022 die proses begin om derdepartytoegang tot sy vragspoornetwerk te verskaf deur gleuwe beskikbaar te stel op die houerkorridor tussen Durban en City Deep in Gauteng," het hy die land toegerus.

Maar Agri Noord-Kaap het in afwagting op dié staatsrede gesê hy hoop om te hoor hoe die nasionale regering beplan om boere by te staan om te help met die groei van die landbousektor.

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.