On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

‘Waterstelsels help in tye van vloed en droogte’

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 24 Nov 2022

‘Waterstelsels help in tye van vloed en droogte’ | News Article
FOTO: Sam Ludidi/OFM

Daar word verwag dat damvlakke sal stabiliseer ná verminderde reënval.

Die Beefmaster-groep se Roelie van Reenen sê sentraal-Suid-Afrika het 'n netwerk van waterstelsels wat ontwerp is om tydens droër seisoene watersekerheid in die gebied te bevorder, en in tye van oormatige reënval, skade deur vloede te minimaliseer. 

Sien onderstaande PODCAST

Gebiede langs die Vaalrivier het oorstromings ervaar, en inwoners langs die rivier moes hulle huise ontruim. Boere is ook geraak.

ALSO READ: Flood alert for Vaal communities

“Terwyl dit ongemaklike tydperke vir landbouspelers in die gebied is, is die realiteit dat sonder [die Departement van Water en Sanitasie se waterstelsels] ons meer ekstreme en erge omstandighede van droogtes en vloede sou hê.

“Ons waterbergingsinfrastruktuur – of damme – laat toe dat uiterste waterskommelings bestuur word, wat uiteindelik help met sowel watersekuriteit as die beheer van vloedskade so ver moontlik,” sê van Reenen.

Verminderde reënval oor die laaste paar dae het die damvlakke laat stabiliseer, en Van Reenen sê hulle verwag dat die situasie binnekort na normaal sal terugkeer.

LEES OOK: Vaal- en Oranjeriviervlakke styg ná swaar reën

OFM-nuus het onlangs berig dat rampbestuurspanne op bystand is om hulp te verleen langs die Oranjerivierstelsel. 

Die Departement van Water en Sanitasie het vandeesweek gesê water vloei uit die Bloemhofdam teen 1 800 kubieke meter per sekonde. 

Boerderygemeenskappe is versoek om pompe en vee van die rivier af te verwyder. 

Verspoelde paaie en landerye

Paaie en landerye in dele van die Oos-Vrystaat is verspoel, met sommige produsente wat nie kan plant nie, terwyl ander versuipskade aangemeld het. Onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, sê vooruitsigte toon dat nog reën in die komende weke oor daardie gebied kan voorkom.

’n Boer van die distrik Bethlehem, Hugo van Doornick, sê daar is kommer dat die optimale planttyd vir gewasse ook uitloop weens die voortdurende swaar neerslae oor dele van die provinsie. 

Doornick sê ryp vroeg in April is ook ’n bekommernis, indien boere later vandeesmaand plant.

“Alhoewel ons dankbaar is vir die reën, het dit ook sy eie uitdagings,” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou. 

“Afgesien van aanplantings wat versuip, rig die baie reën ook erge skade aan ons reeds verkrummelde padinfrastruktuur aan."

Van den Berg sê intussen Sentraal Suid-Afrikaners kan verwag dat veral die tweede deel van November sowel as Desember en Januarie redelik nat kan wees. 

Hy waarsku dat stormagtige reënval gedurende die genoemde maande kan voorkom.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.