On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vaal- en Oranjeriviervlakke styg ná swaar reën

───   ELSABÉ RICHARD 14:27 Mon, 14 Nov 2022

Landbounuus-podcast: Vaal- en Oranjeriviervlakke styg ná swaar reën | News Article

Die vlakke van die Vaal- en Oranjerivier kan in die volgende week skerp styg weens swaar reën die afgelope week.

Wat temperature betref, sê onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, sentraal Suid-Afrikaners moet nog nie alle baadjies wegpak nie.

Vyf-en-twintig jong Vrystaters se landbouprodukte het die afgelope drie boekjare markte gevind in lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Die Departement van Landbou het gereageer op 'n vraag van die EFF se Sam Matiase oor hoeveel jongmense in elke provinsie markte produkte uitvoer na SAOG-lidlande soos Angola en Botswana.

Groot omstredenheid heers in Namibië se wildbedryf. OFM-nuus se Pieter Moller berig aktiviste teen trofeejag wil maatreëls laat instel wat dit onwettig maak om sulke versamelaarsitems landuit te neem.

EN

Een van die belangrike besprekingspunte op die COP27-klimaatberaad was hoe die wêreld agt miljard mense gaan voed. Vier projekte is die naweek in Egipte bekendgestel om dringend aandag te gee aan die transformasie van landbouvoedselstelsels. OFM-nuus se Elsabé Richard-May berig dit sluit die Food and Agriculture for Sustainable Transformation-projek in.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.