On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Droogtehulp-organisasie help boere wat deur Noord-Kaap-veldbrande geraak is

───   17:17 Thu, 20 Oct 2022

Landbounuus-podcast: Droogtehulp-organisasie help boere wat deur Noord-Kaap-veldbrande geraak is  | News Article

Veldbrande in die Noord-Kaap saai verwoesting op plase wat steeds onder droogte gebuk gaan.

Chris van Beljon, stigter van Boere Droogtehulp SA NPC en ook Bring Hoop, sê dat 'n geskatte 420 000 hektaar weiveld in die Kuruman-, Mier- en Kgalagadi-omgewing verwoes is. Van Beljon voeg by dat meeste van hierdie boere steeds onder droogte gebuk gaan en nou hulle laaste bietjie veld ook verloor het. Die organisasies sal Saterdag 'n uitreik-aksie fasiliteer om verligting aan 24 boere in nood in die Mier-omgewing te bring.

’n 38-jarige man is tot 15 jaar gevonnis op aanklag van moord nadat hy ’n man op ’n plaas in die Noord-Kaap vermoor het. Volgens die Noord-Kaapse polisie het die beskuldigde, Victor Pietersen, en die oorledene, Jim Booysen, voor die voorval oor 'n skaap op 'n plaas naby Colesberg gestry. OFM-nuus se korrespondent, Lee Simmons, berig tydens die verhoor het die streekhofaanklaer die hof daaraan herinner dat die beskuldigde twee vorige veroordelings het van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

EN 

Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging, in vennootskap met die Potchefstroom Landboukollege, bied 'n tweedaagse werkwinkel aan om landboubesigheidstudente bloot te stel aan geleenthede wat in die landbouverwerkingsbedryf en nywerheidsprogramme beskikbaar is. OFM-nuus se Heidre Malgas berig die werkwinkel het Woensdag 19 Oktober op kampus begin en eindig Donderdag 20 Oktober.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.