Agriculture
Douglas kry pekanneut-aanleg─── 15:56 Wed, 11 Jun 2014
Dirk Kok - Bouwerk aan ’n pekanneut-aanleg op Douglas, in die Noord-Kaap, behoort teen die einde van die maand klaar te wees.
GWK se hoofbestuurder vir spesialisprodukte, Llewellyn Brooks, sê pekanneute in die dop gaan by dié aanleg van R8 miljoen vir die buitelandse mark en veral vir China skoongemaak en gesorteer word.
Sedert GWK die pekanneutmark drie jaar gelede betree het, het sy markaandeel verlede jaar tot 25% gegroei.
Daarmee saam is die verwagting dat die land se pekanneut-oes teen 2020 minstens 300% groter gaan wees as verlede jaar se relatief swak oes van 6 000 ton.
Brooks sê met die groei in die pekanneut-bedryf sal GWK moontlik in die volgende vyf jaar nog 'n nuwe aanleg in die omgewing van Hartswater begin, waar pekanneut-boerdery tans die grootste groei in die Noord-Kaap toon.Llewellyn Brooks: