National
Onvoldoende vuurwapenaansoeke land in die asblik─── 08:08 Thu, 17 Feb 2011

Die organisasie Vuurwapeneienaars van Suid-Afrika sê lisensie-aansoeke vir vuurwapens word van die hand gewys al voldoen dit aan al die vereistes. Woordvoerder Brett Nortjé voeg by dat die Vuurwapen-register die lisensiëringsproses aan die Vuurwapen-appélraad oorhandig het. Hy beskou dit as ‘n maklike manier om die register se agterstand, van tot ses jaar, uit te wis. Aansoekers wat ‘n lisensie geweier word, moet hulle na die hof wend om te appelleer, wat dit ‘n baie duur proses maak.
Nuusflits