On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

National

Dierebeskermingsvereniging stop Kemptonpark vuurwerke

───   ANDRE GROBLER 09:31 Fri, 30 Dec 2016

Dierebeskermingsvereniging stop Kemptonpark vuurwerke | News Article
File photo

Kempton Park - Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Kempton Park het ‘n hofbevel verkry teen die Ekurhuleni Metro-munisipaliteit en ‘n groot vuurwerkvertoning gestop.


Dit volg ná die munisipaliteit ‘n Nuwejaar-vuurwerkvertoning geadverteer het en aangedui die Ekhuruleni New Year Extravaganza, die grootste Nuwejaar vuurwerkvertoning in Suid-Afrika sou wees.


Die Kempton Park DBV het aansoek gedoen vir ‘n hooggeregshofbevel om die vertoning te keer. Die hof het beslis die Ekurhuleni-munisipaliteit kan nie die vertoning meer aanbied nie en in die guns van die DBV bevind.


Die munisipaliteit het intussen ‘n verklaring uitgereik waarin hulle aanvoer dat hulle nooit van plan was om ‘n vuurwerkvertoning te hou nie en dat die geleentheid verkeerd geadverteer was.


Die Nasionale DBV sê vuurwerke het ‘n baie negatiewe uitwerking op diere. Die organisasie het die publiek gevra om te dink voordat hulle vuurwerke afskiet aangesien dié vorm van vermaak ‘n baie negatiewe uitwerking het op huishoudelike- en wilde diere.


Die DBV se raad aan mense met diere oor die feestydperk waar moontlik vuurwerke afgeskiet sal word, is om die diere veilig te hou binnenshuis en seker te maak die diere het identifiseringsplaatjies met ‘n telefoonnommer.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.