On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Malema paai wit boere

───   09:26 Thu, 23 Apr 2015

Malema paai wit boere | News Article

Kaapstad - Suid-Afrika se wit boere moet ophou sensitief wees en deelneem aan kritiese debatte oor die transformasie van landbou en ander emosionele kwessies, het Julius Malema, leier van die EFF, tydens 'n forum in die Wes-Kaap gesê.

Malema het tydens die forum, wat as “Gesprek” bekend staan, probeer om vrese oor “onteiening sonder vergoeding” te besweer.
“Solank as wat dit 'n produktiewe plaas is, hoef ons nie in te meng met die produksie op daardie stuk grond nie,” het Malema gesê.
 
“Wanneer daar 'n stuk grond is wat nie vir landboudoeleindes gebruik word nie, gaan ons 'n probleem hê. Al wat ons sê, is dat grond gebruik moet word, dit moenie ledig lê nie.” Malema het boere gewaarsku dat hulle hul deel moet doen in die bemagtiging van swart mense. “Julle skuld dit aan die mense wat onderduk is … om hulle te mentor,” het hy gesê.
 
“As jy lief is vir die land, moet jy lief wees vir sy mense. Sê vir hulle jy bied jou diens aan. Ek gaan seker maak die grond is produktief en word gebruik om die kinders van die gemeenskap te voed.”
 
Malema het gesê die regering moet boere subsidieer ten einde te verseker dat goedkoop landbouinvoer nie boere se ondernemings negatief beïnvloed nie. Hy het gesê wit mans is verplig om hul diens aan te bied ten einde transformasie-insiatiewe 'n hupstoot te gee. “Wit mans moet opstaan en sê hier is ons. Ons moet ingereken word in die rekonstruksie van die samelewing en om 'n samelewing te word vir almal van ons.”
 
Malema het gesê diegene wat nie wil bydra tot die transformasie van die landbousektor nie, kan hul goedjies pak en gaan. “Daar is nie 'n wit man of vrou wat die see ingedryf gaan word nie. Voel vry om te gaan, maar jy gaan uitmis. Jy gaan ons mis. Ons gaan jou nie mis nie.”
 
Malema het ook 'n beroep op boere gedoen om op te hou paniekerig raak elke keer dat hulle iets in die media hoor. “Hou op sensitief wees. Neem deel aan die robuuste debat. Ons sal nooit doodmaak omdat jy nie saam met ons stem nie.”
 
ANA

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.